kategorieë: Kalender

NOMMER 37 nou in fliekteaters

NOMMER 37 is gebaseer op die SAFTA-bekroonde kortfilm met dieselfde naam, waarvan Nosipho Dumisa en Travis Taute die regisseurs was. Nommer 37 speel af in ’n fiktiewe woonstelblok, Haven Mansions, in Dumisa se weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlaktes. Dit vertel die verhaal van Randal Hendricks (Irshaad Ally) wat onlangs deur ’n ongeluk verlam gelaat en nou rolstoel- en woonstelgebonde is. Hy is kniediep in die skuld by ’n sosiopatiese geldskieter met die naam Emmie (Danny Ross), wat sy pond vleis eis. Wanneer sy toegewyde meisie, Pam (Monique Rockman), vir hom ’n verkyker present gee kan hy sy bure dophou en sien hy op ’n dag hoe ’n gevaarlike bendeleier, Lawyer (David Manuel), ’n moord pleeg en besluit om hom af te pers vir geld. Met verraad en gierigheid om elke hoek en draai, neem die gebeure wat volg hulle op ’n lewensgevaarlike reis, soos wat die wêreld rondom hom verder en verder in chaos gedompel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon en Luke Jansen is ook in die fliek te sien. Dit is vervaardig deur Bradley Joshua en Benjamin Overmeyer, van Gambit Films, saam met XYZ Films. Die fliek is vervaardig deur Gambit Films in samewerking met kykNET Films, M-Net, XYZ Films en Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit is plaaslik op 1 Junie 2018 vrygestel deur Ster-Kinekor Entertainment.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fliekteaters waar jy Nommer 37 kan kyk

Ster-kinekor

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bay West, Tygervalley, Cape Gate, N1 City, Blue Route, Somerset Mall, V & A Nouveau, Parow, Promenade Mall, Garden Route Mall, Mimosa Mall, Gateway, Mall of the North, Secunda, Mooi Rivier, Sterland, Centurion City, Brooklyn Nouveau, Kolonnade, Irene Mall, Rosebank Nouveau, Cresta, Vaal Mall, Carnival City en Eastgate.

Nu-Metro

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Boardwalk, Canal Walk, Clearwater, Galleria, Key West, Menlyn Park, The Glen, Westgate, Welkom, Woodlands en Worcester.

Onafhanklike fliekteaters

Movies@Monte, Movies@Emnotweni, Movies@Silverstar, Minimax Paarl, Epic Mall@Reds en Epic Northridge

Nommer 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel en is iets wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.