kategorieë: KalenderOntspanning

Vadersdag-geskenkgids

Deur Corné Greeff. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baard-produkte

Of jou pa nou gereeld skeer of eerder verkies om sy baard te laat groei vir die winter, is dit slim idee om vir hom ’n oulike skeerstelletjie, olie, naskeermiddel of gesigwas te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Die Edwin Jagger-skeerstel (R4 500 beskikbaar by Crabtree & Evelyn winkels) het ’n outydse voorkoms wat dit ’n unieke geskenk maak.
  2. Die Cowshed Bullocks Grooming-stel (R730 beskikbaar by Melissa’s, Woolworths en beatifulage.co.za) bevat ’n vogroom, lyfwas en gesigwas.
  3. Avon Care Men Essentials Aftershave Balm (R70) bevat vitamien E, gemmerekstrak en Aloe Vera, wat die vel streel en sag en vars laat voel.
  4. Edwin Jagger Aloe Vera Aftershave lotion (R600 beskikbaar by Crabtree & Evelyn winkels)
  5. SIX Man Men’s Shaving Face Wash (R528 vir 500ml)
  6. Die HairGum Beard Shampoo (R260 beskikbaar by Clicks) sal die baard mooi skoon hou en sorg dat jou vel bevogtig word.
  7. Die Rain Africa Man Shaving Milk (R89 vir 50ml en R259 vir 200ml) is perfek vir diegene met sensitiewe vel.
  8. Die Johhny’s Chop Shop se Ultimate Beard Shampoo (R119 beskikbaar by Dis-Chem) laat die baard lekker sag en skoon voel.
  9. Bluebeard Revenge Privateer Double Edge Gift Set (R3819)
  10. Edwin Jagger Traditional Shaving Soap (R300) en die Edwin Jagger Traditional Shaving Soap hervulbare pakkie is (R200)

Lekker bederf

Hierdie is perfek vir die gourmet-man, of hy nou van koffie hou of dalk iets sterker soos wyn of whisky, of dalk is hy ’n bobaas-kok?

  1. Indien hy ’n sjokolade-liefhebber is, raai ek jou aan ’n draai te maak op De Villiers Chocolate se webwerf vir hemelse bederf.
  2. Die Le Creuset Waiter’s Friend WT110 (R690) sal help om die wynbottel sommer vinnig oop te maak.
  3. Fairlawns Boutique Hotel en Spa bied vir vadersdag ’n geleentheid aan, waar jy saam met Johnnie Walker van hul beste Whisky kan proe terwyl jy smul aan ’n ete. Elke pa sal ook ’n present ontvang. Besoek fairlawnshotel.co.za vir meer inligting.
  4. Toulouse Wine Rack (R1 895 beskikbaar aanlyn by blockandchisel.co.za)
  5. Die The Fireside Feast Flavouring Kit (R99) van Woolworths is perfek vir die braai-meester!
  6. Vir die koffie-liefhebber is die Le Creuset Coffie Press (R 1 198) ’n moet-hê-item! Plus, saam met jou kopie kry jy ook ’n gratis pak Terbodore koffiebone terwaarde van R70.
  7. Hierdie is perfek vir die man wat baie reis. Nie net sal die Thule Accent Backpack (R1 999 thule.com/en/za) gemaklik pas nie, maar ook sy elektroniese toestelle beskerm.
  8. Vir R750 laai theginbox.co.za ’n lekker pakkie vol bederf sommer by sy deur af! In die pakkie is daar ook die Cruxland Gin wat bestanddele uit die Kalahari bevat – dit het ’n prys losgeslaan het by die Wêreld Gin toekennings in 2018.
  9. Die Simon Desk Clock (R295) sal mooi lyk op sy lessenaar.
  10. Flagstone se The Last Word gefortifiseerde wyn (R100 beskikbaar by flagstonewines.com) is perfek om saam met nagereg te geniet.

Parfuum en ander skoonheidsprodukte

Nie almal is gaande oor parfuum nie, maar sommige mans waardeer dit om nou en dan bederf te word met ’n lekker fyngeur.  As dit nie iets is waarvan hy hou nie, is ’n skoonheidsproduk ’n goeie opsie: Velsorg  is iets waaraan elke man aandag moet gee.

  1. Kalahari Lifestyle Marula Face Oil (R299, kalaharilifestyle.com) is ’n oliemengesel van marula, argan, roosvrugte en bitterwaatlemoenpit. Die olie word vinnig deur die vel opgeneem en sal die vel deeglik bevogtig en help teen vroeë tekens van veroudering.
  2. Die Narciso Rodriques Bleu Noir EDP (R1 115, Woolworths, Foschini) is perfek vir die moderne elegante pa. Dit bevat aromatiese speserynote, asook ondertone van hout.
  3. Boss the Scent Deodrant stick (R360) sal help dat pa heeldag lekker vars sal ruik.
  4. HairGum Hair Wax Classic (R149 vir 40g , beskikbaar by Clicks) sal help om die hare se styl heeldag in plek te hou, terwyl dit ook ’n gesonde glans gee.
  5. Davidoff Cool Water EDT (R1 205)
  6. Bleu de CHANEL (R1 655 vir 50ml en R2 325 vir 100ml) bevat aromatiese geure van hout en muskus. Dit is perfek vir die man wat glo in homself, wat weet wie hy is en niemand anders behalwe homself wil wees nie.
  7. Boss Bottled United (R1 245 vir 100ml) is een van Hugo Boss se nuwe Boss parfuums: Dit is ook ’n beperkte uitgawe vir sokker liefhebbers. Dit het ’n lekker vars geur.
  8. Lou Harvey Gusset Vanity Bag (R395 beskikbaar by louharvey.co.za)
  9. Gucci by Gucci Pour Homme EDT (R1 345) is perfek vir die sterk, elegante pa wat glo in tradisie maar wat ook vorentoe kyk. Die parfuum se geur is uniek en eksoties met tone van jasmyn, patchouli en tabak.
  10. Die Eco Diva Man Grooming gift set (R1 045) bevat ‘n lyfroom, lyfseep, serum en ’n bioafbreekbare bakkie en hout-skeerborseltjie.

Kyk ook na die volgende produkte:

  1. Die Acqua Di Giò Absolu (R1 463 vir 75ml beskikbaar by uitgesoekte Edgars, Red Square, Foschini, Truworths & Woolworths winkels ) van Giorgio Armani is geïnspireer deur die verhouding tussen man en natuur. Die parfuum is perfek vir ’n rustiger pa.
  2. Johnny’s Chop Shop No.1 Matt Paste (R119) verskaf tekstuur aan die hare en sal dit lekker definisie gee.
  3. Label.Men Cologne (R500) sal pa meer energiek laat voel. Dit bevat ’n warm sitrusgeur vir die hare en lyf.
  4. Skemertyd in die woestyn, wolwe, avontuur en die aardse geure wanneer die son sak. En natuurlik ook Johnny Depp. Dit is die elemente waarmee Dior gespeel het met die skepping van Dior Sauvage se nuwe fyngeur Premium (R1 795 vir 100ml en R1 305 vir 60ml). Die oorspronkike Sauvage is herontwerp en Premium het ’n sterker sitrusgeur omdat bergamot bygevoeg is. Neutmuskaat, vanielje en die heerlike speseryagtige geure van peper en pienkpeper skep ’n verleidelike geur.
  5. Bentley Momentum EDT (R1 206 vir 100ml beskikbaar by Markhams, Truworths, Dis-chem)
  6. Eau de Lacoste L.12.12 Pour Lui Magnetic EDT (R1 190)
  7. Matsimela Vanilla Sandalwood Large Gift Crate (R450) is perfek vir hom as hy in die bad wil ontspan na ’n lang dag.
  8. Jaguar Pace EDT( R903 vir 100ml beskikbaar by Markhams, Clicks en uitgesoekte Jaguar-Handelaars) is ’n goeie alternatief as jy nie vir hom die splinternuwe Jagaur F-Pace-sportmotor kan gee nie.  Manlikheid en charisma is die dryfkrag agter die geur wat note van kruie, speserye soos peper en laventel en groen appel het.
  9. Lacoste L’Homme EDT (R1 270) is perfek vir die man wat sy eie reëls maak en sy eie kop volg. Dit bevat geur van speserye en hout, peper, asook sitrus en jasmyn.
  10. Artisan Pure Eau de Toilette (R1 495 vir 125ml en R 1225 vir 75ml) se eksotiese geure van kruie, sitrus en hout sal jou laat dink aan Xalapa, Mexico. Dit is perfek vir die avontuurlustige man.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.