kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet: Hoofstuk 13

Deur Martie Swanepoel. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tant Esther se Singer het sy treurlied gesing. Naat op en naat af. Sy het Mariaantjie tevrede gehou met die belofte dat net die heel mooiste rok goed genoeg is vir haar. Chrissie het staan en luister hoe Tant Esther met liefde haar dogter se droom blink poets. Sy en Tant Esther het nie geweet wat hulle gaan doen as Mariaantjie moet uitvind die troue gaan nooit gebeur nie … As Chrissie en Tant Esther die oorlog op die plaas wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Onthou jy die storie wat Mamma jou vertel het van die prinses wat so lank geslaap het?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ja, en toe kom soen haar prins haar en sy word wakker en toe troue hulle! En hulle was vir ewig en altyd gelukkig!”

“Ja, maar wat Mamma jou nie vertel het nie, is dat daar ’n naaldwerkster in die paleis was. Die slegte fee se towerspel het nie op haar gewerk nie. Sy het die hele honderd jaar wat die prinses en al die mense in die paleis geslaap het aan die prinses se trourok gewerk, want sien, sy was die paleis se kleremaker en sy het die prinses se ma en ouma se trourokke gemaak. Sy het eendag ’n belofte aan die goeie fee gemaak dat sy vir die prinses die mooiste trourok ooit sal maak. En toe die prinses aan die slaap raak, was die kleremaakster baie eensaam. Sy het dag en nag aan die mooi rok gewerk. Ure aaneen klein  pêreltjies en kristalle sit en vaswerk. Toe die prinses wakker word en met die prins trou, het die rok geskitter in die son. Dit was die mooiste rok wat nog ooit in daardie koninkryk gemaak is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mariaantjie het aan haar ma se lippe gehang.

“Mamma is nes die kleremaakster! Mamma werk dag en nag aan my rok! Dit gaan net so mooi soos daardie prinses se rok wees! Ek weet sommer!”

Maar Christiaan het besef die rokmakery is ’n spel van Tant Esther. Hy het ook besef dat Mariaantjie nie meer swanger is nie.

“Wie fool jy deur nog aan die rok te werk? Dink jy ek weet nie wat jy aan my en Mariaan se baba gedoen het nie? Moordenaar! Jesebel-moordenaar!”

Die oorlog in die kombuis het tot ’n krisispunt gekom. Tant Esther wou nie retireer nie.

“Luister hier jou bose lieplapper! Dit wat jy aan Mariaantjie gedoen het, is gelykstaande aan verkragting. Jy weet goed sy is nie toerekeningsvatbaar nie. Jy het ’n swaksinnige vrou misbruik. Kamma-profeet! Jy bedrieg my nie. Jy weet presies wat jy doen. Jou speletjie is amper verby. Gaan pak solank jou skynheilige ou bondeltjie.”

Christiaan was waansinnig van woede!

“My seun, dit was my seun! Hy sou op die plaas kon heers!”

Tant Esther het haar nie aan sy trane van frustrasie gesteur nie.

“Ag spaar ons die drama. En sê my, wat sou jy gemaak het as dit ’n dogter was? Of het jou meester ’n seun bestel?”

Christiaan het onthou dat Oom Thomas nog aan sy kant is.

“Wat sal jou man sê as hy hoor dat jy sy enigste hoop op ’n erfgenaam vermoor het? Sal ek hom gaan vertel?”

Tant Esther het siedend kwaad geword.

“Krisjan, jy dreig nou die verkeerde vrou. Ek jaag vir jou vanaand nog van hierdie plaas af!

Christiaan het toe die ondenkbare gedoen. Chrissie en Tant Esther het geweet hy is boos, maar nie hoe ver sy boosheid kan strek nie.

“Mariaan! Kom bietjie hier! Daar is iets wat jou Mamma vir jou wil sê!”

Chrissie se hart wou breek toe Mariaantjie opgewonde die kombuis binnestorm.

“Ek kom! Ek Kom! Is my rok amper klaar?”

Tant Esther het haar kaarte mooi gespeel.

“Ja, my kind, Dominee Jordaan en Pappa se prokureur kom more want hulle wil juis met Pappa en Christiaan oor die troue praat. Dokter Bruwer kom ook sommer saam.”

Christiaan het witter as sy kleed geword. Hy het geweet Tant Esther is besig om die oormag te kry.

“Moenie my probeer afpers nie Jezebel!”

Dit was vir Mariaantjie ’n skok toe Christiaan die eerste keer voor haar op haar ma skree.

“Hou op! Hou op! Moenie so op my ma skree nie! Sy maak vir my ’n trourok wat gaan skitter in die son!”

Chrissie het gevoel sy kon ’n kombuismes deur Christiaan se bose hart dryf toe hy in sy nederlaag die laaste bose steek inkry.

“Jy sal daardie rok nooit dra nie. Jou ma jok vir jou. Sy gaan nie toelaat dat jy met my trou nie. Jou ma is ’n bose adder aan my meester se boesem. Vra bietjie vir jou mamma wat het sy en die dokter met ons baba gemaak. Die beloofde seun wat jou pa se drome sou laat waar word? Die beloofde heerser van die plaas? Hulle het jou by die hospitaal aan die slaap gemaak en ons baba uit jou maag gehaal en doodgemaak!”

Chrissie en Tant Esther het nooit kon voorspel dat die krisispunt van die tragedie so seer kon maak nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.