Bestanddele
- 60 g botter
- 125 ml melk
- 225 g Huletts sagte bruinsuiker
- 85 g ontpitte dadels, fyn gekap
- 150 g bruismeel
- 60 ml geblikte karamel
- 435 ml kookwater
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en sit 4 x 300 ml- of 6 x 180 ml-bakkies op ’n bakplaat.
- Verhit die botter, melk, suiker en dadels in ’n kastrol tot die botter gesmelt het. Voeg die bruismeel by en meng goed.
- Skep 15 ml karamel in elke bakkie en verdeel die dadeldeeg tussen die bakkies.
- Gooi oor die agterkant van ’n lepel ewe veel kookwater oor elke poeding. Bak vir 25-30 min.
