Karamelrolkoek
#rrWenk: Dié heerlike groot rolkoek kan in die somer vars aarbeie in die vulsel kry.
Voorverhit die oond tot 150 ºC. 1 Smeer ’n rolkoekpan of bakplaat van ±30 x 40 cm deeglik met gesmelte botter; voer met waspapier uit en smeer weer met gesmelte botter. Strooi ’n bietjie meel oor en skud die oortollige meel af. 2 Klits die eierwitte en sout met ’n elektriese klitser in ’n glas- of vlekvryestaalbak tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by en klits tot die eierwitte styf en blink is. 3 Vou die mielieblom, asyn en vanielje met ’n metaallepel by die eierwitte in. Smeer die koekmensel eweredig op die voorbereide bakplaat, strooi die amandels oor en bak vir 30 min. tot goudbruin. 4 Klits intussen die maaskaas, room en strooisuiker in ’n middelslagmengbak tot styf. 5 Haal die rolkoek uit die oond en laat afkoel. Keer die koek op ’n skoon kombuisdoek uit. Smeer die hele rolkoek met die karamel, gevolg deur die maaskaas-en-room-mengsel en pak laastens die gesnyde vrugte bo-op. Rol die koek versigtig op en sif ’n bietjie versiersuiker oor.Karamelrolkoek met vars vrugte
Ingredients
Instructions