kategorieë: Ons menseBekendes

Karl Lagerfeld is oorlede

Karl Lagerfeld is oorlede deur Catherine Schenck. Hooffoto: Camera Press/Greatstock.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ontwerper, fotograaf en kunstenaar Karl Lagerfeld is vandag, 19 Februarie 2019, in Neuilly-sur-Seine net wes van Parys, oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekendgemaak nie, maar daar is wel berig dat hy gisteraand in die hospitaal opgeneem is.

Hy het glo die afgelope paar weke geen openbare verskynings by die modeweke gemaak nie en dit was die eerste keer ooit wat hy nie een van sy modeskoue bygewoon het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Intussen stroom huldeblyke oor Karl Lagerfeld in op sosiale media.

Wie was Karl Lagerfeld?

Karl Lagerfeld is in Hamburg op 10 September 1933 gebore. Hy het sy loopbaan in die modebedryf begin deur ’n kompetisie te wen om Pierre Balmain se assistent te word. Vir dié kompetisie moes hy ’n jas skets. Daarna het hy die range geklim en het later by Jean Patou en Chloé gewerk. In 1983 het hy die leisels by die Chanel-modehuis oorgeneem, waar hy tot sy sterfte kreatiewe hoof was. Hy was terselfdertyd kreatiewe hoof van Fendi en sy eie Karl Lagerfeld-handelsmerk.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.