Karlien van Jaarsveld. Foto: Leana Clunies-Ross
Karlien van Jaarsveld swanger met vyfde baba deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Leana Clunies-Ross
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Karlien van Jaarsveld is weer swanger, en in die wolke daaroor!
Sy het die nuus gebreek tydens die opname van vandeesweek se Tee en Taai Toffies-podsending waarin sy en Ilse Salzwedel onder meer gesels oor hoe moederskap haar lewe verander het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Moederskap is my heel gunsteling-ding en die beste ding wat in my hele lewe met my kon gebeur het. Daar is nie vir my iets beter nie. Dis of dit kamers in my hart oopgemaak het wat toegesluit was,” sê Karlien.
Karlien is dertien weke swanger en weet al byna twee maande dat daar ’n nuwe kleinding op pad is.
Sy en haar man, Joe Breytenbach, is in die wolke oor die nuus al was dit nie ’n beplande swangerskap nie.
Die nuwe baba se verwagte geboortedatum is in April 2020.
“Ek is diep dankbaar dat ek tot dusver geen gesondheidsprobleme ervaar het nie,” vertel ’n stralende Karlien.
Sy het in 2015 ’n miskraam gehad, en met klein Elah (wat Maandag haar tweede verjaardag gevier het) het sy op 9 weke onverwags begin bloei.
Karlien se tweelingseuns Daniël en Eliah is net so opgewonde oor die vooruitsig van ’n nuwe boetie of sussie.
Lees ook: Karlien se brief oor die verlies van haar baba
Luister hier na ons podsending waarin Karlien openhartig gesels oor haar gesin, die lewe in die kollig en haar geloof.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.