kategorieë: HareSkoonheid

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag deur Corné Greeff. Hooffoto: StockSnap van Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke vir jou hare

Foto: Pexels van Pixabay Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

  • Maak minstens 6 maande voor jou troue ’n afspraak by die stilis wat jou hare gaan doen.
  • Ten minste 1 maand voor jou troue moet jou haarstilis en strooimeisies bevestig wees en weet presies hoe elkeen se hare moet lyk.
  • Maak seker by jou stilis of jou hare gewas moet word die aand voor jou troue of nie.
  • Dit is belangrik dat jou ma of strooimeisie presies weet hoe om jou sluier vas te steek, sonder om jou haarstyl te vernietig.
  • Vra jou stilis se raad oor watter style sy/hy dink by jou hare se tekstuur en snit sal pas.
  • Maak op Pinterest of Instagram vir jou ’n afdeling waar jy prentjies kan bêre sodat jy vir jou stilis voorbeelde kan wys.
  • Jy kan ook prente uit tydskrifte knip of van die internet af kry en dan ’n plakboek maak met style wat jy graag sal wil probeer.
  • Indien jy knippies of enige spesiale bybehore in jou hare wil gebruik, is dit belangrik om dit self te koop of uit te vind of jou stilis dit saambring.

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Hier is oulike idees wat jy kan probeer vir jou troudag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pragtige Poniestert

‘n Poniestert kan werk vir wanneer jy die bruid is, die strooimeisie of selfs ’n gas. Dit is klassiek en elegant en jy kan dit optooi met ’n strik of selfs met knippies.

ghd wys ons hoe om die perfekte poniestert te skep.

foto: ghd

Stap 1:

Plaas jou krultang vertikaal in jou hare voor langs jou gesig, en draai dit na die agterkant van jou nek. (Krul weg van jou gesig af).

Stap 2:

Laat gly die krultang 2cm af, terwyl die hare steeds in die krultang is.

Stap 3:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Doen nou dieselfde met ’n strokie hare aan die anderkant van jou gesig. Herhaal die proses totdat ’n kwart van jou kop aan altwee kante gekrul is.

Stap 4:

Neem nou die hare agter jou ore, en knip dit vas soos aangewys in die foto.

Stap 5:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Krul nou hierdie los hare soos jy vroeër gemaak het met die voorste hare. Die ghd soft curl tong (R2 700) is hier gebruik. Onthou om steedsvan binne na buite te krul, sodat dit in dieselfde rigting gaan krul as jou voorste hare.

Stap 6:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Maak seker die hare is aan altwee kante gekrul. Onthou om nou die hare aan die ander kant in die teenoorgestelde rigting te krul as in stap 5.

Stap 7:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Neem nou jou vingers en kam dit deur jou hare sodat jou krulle losser word.

Stap 8:

Skep volume by jou hare deur die wortels met ’n fyn kammetjie terug te kam. (Die ghd pintail comb (R220) is hier gebruik).

Stap 9:

Maak seker jy doen dit met al die boonste dele van jou hare.

Stap 10:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Neem nou van die voorste hare bokant jou oor en maak dit agter met ’n haarknip vas.

Stap 11:

Neem jou vingers en lig van jou hare bo-op jou kop effens op, om dit bietjie hoogte te gee.

Stap 12:

Maak nou die res van jou hare onder bymekaar, saam met jou boonste hare wat jy vasgemaak het met die knip, en maak dit saam in ’n poniestert met ’n haarrekkie vas. Die poniestert moet in die middel van jou agterkop wees. (Moenie die knip uithaal vir hierdie stap nie).

Stap 13:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Maak nou die haarknip los, dit sal tekstuur vir die hare skep.

Stap 14:

Draai ’n gedeelte van jou hare om die rekkie, sodat die rekkie weggesteek is.

Stap 15:

Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Gebruik nou ’n kam (die ghd detangling brush (R220) is gebruik) om met ’n terugkam-aksie meer volume in die hare in die poniestert te skep

Stap 16:

Gebruik nou jou vingers en maak die poniestert netjies en trek jou hare styf en reg.

Stap 17:

Gebruik ’n paar mooi knippies en plaas dit in jou poniestert, soos in die foto.

Nog Poniestert-inspirasie:

Poniestert met krale-middelpaadjie:

Poniestert met ‘n groot strik en vlegsels

Die half-op, half-af-styl

Hierdie styl is tans baie gewild en is ’n meer natuurlike voorkoms.

Dit kan werk met lang hare sowel as ‘n bob-haarstyl.

Knippies

Knippies is tans ‘n groot tendens in die mode- en skoonheidwêreld en ons is gaande daaroor! Dit werk vir diegene met lang én kort hare.

foto ghd party hair Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Nog knippie-inspirasie

Die Bolla

Hierdie styl is meer formeel en jy kan met vlegsels, krulle, knippies en ander versierings jou eie styl skep. Die bolla hoef ook nie bo op jou kop te wees nie, maar jy kan dit ook laer dra as jy sou wou.

Die laer-bolla:

foto: ghd Haarstyl-Inspirasie vir jou troudag

Die bolla bo-op die kop:

foto: Corné Greeff

Vir kort hare

Skep volume by die wortels, sodat die hare nie plat lê nie.

#rrWenk: Jy kan ook ’n mooi knippie in jou hare sit om dit te versier.

Lees ook: Hoe om ’n teruggekamde bob te maak

Krulle

Al hoe meer bruide verkies deesdae ’n meer natuurlike haarstyl. Krulle is altyd ’n staatmaker en lyk altyd baie mooi vroulik. Hierdie styl werk vir diegene met lang of die met korter hare.

Lees ook: 5 haarstyle vir ‘n moderne voorkoms

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.