kategorieë: KosWinterkos

Karoo-lamspastei

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

Roomkaasdeeg
250 ml (1 k) yskoue botter
250 ml (1 k) koue Lancewoodroomkaas
250 ml (1 k) koekmeel

Lamsvulsel
60 ml (¼ k) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) koekmeel
1 kg lamskenkels
125 ml (½ k) rooiwyn
500 g klein uie, geskil
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn naeltjies
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
1 x 410 g-blik heel geskilde tamaties, gekneus
4 lourierblare
4 wortels, geskil en oorlangs gesny
1 uiering
1 eier, liggies geklits

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

1. Deeg: Meng die botter, roomkaas en meel in ’n voedselverwerker tot dit net begin bymekaarkom. Bedek met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas, langer as dit te sag is, of op ’n warm dag.
2. Vulsel: Verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte. Geur die meel na smaak en rol die skenkels hierin.
3. Skud die ergste meel liggies af en braai die skenkels oraloor tot goudbruin. Geur na smaak.
4. Voeg die rooiwyn bietjie vir bietjie by. Voeg die klein uie, koljander en naeltjies by en braai vir nog 5 min.
5. Gooi die helfte van die aftreksel, tamaties en lourierblare by en prut vir sowat 1½ uur, of tot die vleis van die been begin afval. Gooi kort-kort van die aftreksel by soos benodig.
6. Sit die wortels by prut vir nog 30 min. Geur na smaak en laat staan die vulsel vir ’n paar uur om af te koel en
7. geur te ontwikkel.
8. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 4 mm dik. Laat rus vir 20 min. in die yskas.
9. Voorverhit die oond tot 200 °C.
10. Skep die vulsel in ’n pasteibak en bedek met die deeg. Sny die rande wat oorhang netjies af.
11. Sit 1 uiering op die deeg en verf die deeg met die eier.
12. Bak vir sowat 30 min. tot die deeg goudbruin en gaar is.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.