Mandy Lee Miller is ’n Kaapse ma, skrywer, aanlyntydskrifeienaar en ma-weesblogger (sien foto bo saam met haar dogtertjie, Charlotte Rose.) Mandy Lee voel so sterk daaroor dat kinders veilig moet wees in ’n motor dat sy op 18 Julie ’n landswye veldtog van stapel gestuur het. Dit duur 67 dae.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Die Nelson Mandela-stigting beskryf die viering van Mandela-dag as ’n geleentheid vir mense om te besef hulle het die mag om van die wêreld ’n beter plek te maak. Dis ’n oproep tot aksie. Ons veldtog, #CarseatFullstop, is in pas hiermee. Elkeen kan die boodskap op hule sosiale netwerke deel en, wie weet, dalk ’n jong lewe red!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Die veldtog vra mense ook om hul ou karstoeltjies aan Car Seats for Kids te skenk.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Volgens Mandy Lee spreek die feite vanself. “Motorongelukke is die vierde grootste oorsaak van onnatuurlike sterftes onder Suid-Afrikaanse kinders. En motorstoeltjies verminder die risiko van ’n sterfte met 71% vir babas en 54% vir peuters!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Tog word net 15% van ons kinders op die oomblik in motors in stoeltjies gesit. Hoewel daar verseker mense is wat nie die duurste stoeltjies kan bekostig nie, is daar baie opsies op platforms soos Gumtree.
“As dit nog steeds te duur is, kan jy by die NPO Wheel Well’s Car Seat for Kids-veldtog aanklop. Hulle versamel karstoeltjies in enige toestand en herstel dié wat hulle kan.”
“Deel hierdie inligting oral waar jy kan,” sê Mandy Lee. “As een ouer dit sien en voortaan sorg dat ’n kind veilig vervoer word, het jy dalk ’n lewetjie gered!”
Daar is ook ’n nuusbrief waarop jy kan inteken
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.