kategorieë: Gesondheid

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons kom gou agter as ons effens slegter lees.
Die maklikste en suksesvolste oplossing op aarde is ’n bril of kontaklense.
Ons maak gou vrede daarmee want hulle herstel ons vermoë om te kan sien en normaal met ons lewens aan te gaan absoluut oombliklik.
Maar wat as jy op ’n dag sleg sien weens ‘n katarakte of gloukoom?
Gaan ’n bril of lense jou hieruit help?
Kom ons begin by die begin: hoe weet jy dat jy besig is om ’n katarak of gloukoom te ontwikkel? Hoe lyk dit wat jy dan sien?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe sien jy as jy ’n katarak het?

So voel dit, sê Rudine Diedericks, optometris van Mellins in Fourways, Johannesburg.
Dit voel asof jy deur ’n vuil ruit kyk. Alles lyk dof.
Jy sien minder detail. As jy na ’n plant kyk sien jy die loof as lig- en skadukolle, terwyl jy moeilik die blaarrandjies, stingels en ander detail en selfs die skakerings van groen onderskei.
Kleure lyk vir jou verbleik en geler as vir ander mense.
Skerp lig maak jou oë seer en jy sien slegs as jy snags moet bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe sien jy as gloukoom het?

“Jy verloor geleidelik jou sig na die kante toe.
“As jy vorentoe kyk en jou arms na weerskante uitstrek en jou vingers roer kan jy jou vingers sien sonder om jou kop of oë te draai. Mense sonder gloukoom het ’n 180 grade visie – 90 grade na elke kant.
“As jy egter gloukoom het kan jy jou vingers eers sien as jy jou arms vorentoe beweeg. Hoe meer gevorderd jou gloukoom is hoe nader moet jou arms na mekaar beweeg voor jy jou vingers kan sien.”
Daar is geen ander tekens nie. Jy kan glad nie hoë oogdruk voel nie.

Lees ook: Eet wortels en sjokolade vir jou oë

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.