kategorieë: In die nuusJou lewe

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Foto: Drone Shots/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om langs die pad gestrand te wees weens ’n onklaar voertuig is uiters ongerieflik. Boonop is dit ook ’n veiligheidsrisiko. En as die wegsleepdiens opdaag wil jy dit graag sien as die ridder op sy wit perd wat jou kom red eerder as die geslepe kulkunstenaar wat jou met oneerlike diens gaan inloop en met ’n onrealistiese hoë rekening gaan troef voor jy weer jou voertuig kan kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar hou moed, die Automobile Association (AA) sê daar is veel meer prinse as skurke onder die wegsleepvoorsieners.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons hoor te veel keer van motoriste wat in motorongelukke betrokke was waar ongemagtige insleepdiente hul voertuie sonder hul toestemming van die toneel verwyder het. Of gevalle waar voertuie ingesleep is en dan teen onrealistiese hoë daaglikse tariewe iewers gestoor is. Dis onnodig dat dit gebeur en motoriste moet seker maak dat hulle hul regte met betrekking tot insleping ken en daarop aandring.”

Die geheim is om die kaf van die koring te skei sodat jy ’n geakkrediteerde voorsiener gebruik wat by streng reëls en etiese kodes hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“’n Insleepdiens kan duur wees en as jy nie in ’n finansiële posisie is om ’n onvoorsiene lompsom vir soiets te betaal nie, moet jy vooraf na ander opsies soos versekering of lidmaatskap by instansies soos die AA kyk, wat dit in nood kan dek.”

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland?

Wenke

  • As jy in ’n ongeluk betrokkke is en jy nie erg beseer is nie, kontak eerstens jou versekeraar. Moenie dat iemand anders dit vir jou doen nie. Jy dink dalk die vriendelike samaritaan het jóú versekeraar gebel, maar intussen praat jy met iemand heel anders.
  • Dis jou reg om ’n insleepdiens te kies. As jy egter nie in ’n toestand is om te bel nie, sal die nooddienste of die polisie op die toneel besluit watter insleepdiens om te kontak.
  • Maak seker jy lees al die dokumentasie voor jy enigiets teken.
  • As jy motorversekering het, kontak jou versekeraar vir advies. Maak ook seker dat jy die nommer byderhand het. Versekeraars stuur gewoonlik ’n plakker met al hul kontakbesonderhede as jy aansluit. Plak dit op jou agterruit in die linkerhandse onderste hoek.
  • As jou versekering ’n insleepdiens insluit, skakel die noodnommer van jou versekeraar.
  • Kry alle relevante inligting van die insleepvoorsiener voor jy hom toelaat om jou voertuig te skuif. Dit behoort in te sluit: naam, maatskappy se naam, maatskappyregistrasie of registrasienommer vir die vereniging, kontaknommer, fisieke adres van hul kantore sowel as die plek waar voertuie gestoor word as dit nie dieselfde is nie en registrasienommer van die sleepvoertuig.
  • Indien moontlik, neem ’n foto van jou voertuig en die sleepvoertuig voor dit vertrek.
  • Stel voor die tyd vas wat die diens gaan kos. Doen dit voor jy enigiets onderteken en probeer dit in geskrewe vorm kry. Maak seker die prys sluit insleepkoste en storingskoste sowel as die koste per sleepkilometer in. Dis veral belangrik as jy nie dekking hiervoor het nie.
  • Verwyder alle waardevolle items in die voertuig. Kyk baie noukeurig en onthou dat iems in ’n botsing in hoekies en holte mag beland.
  • Maak altyd seker dat jy nie deur insleepdiense of ander mense in ’n diens geboelie word nie. Dit bly altyd jou keuse wie jy gebruik. Versekering bly die beste oplossing, maar selfs daarsonder moet jy seker maak dat jy die een is wat die besluite neem.

Inligting voorsien deur die AA. Skakel hul by 011 799 1126 of 083 386 6954

Lees ook: Jou kar: Pasop vir seinblokkers

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.