kategorieë: TrendsMode

Ken jy die nuwe “millennial” pienk?

Hoe lyk “millennial” pienk?

Niemand kon tot dusver ’n presiese skakering vir hierdie “kleur” definieer nie, maar modehuise soos Vogue beskryf dit as ’n mengsel tussen spookasem en salm met ’n dowwe ondertoon. Dink aan die boonste gedeelte van die hotel in The Grand Budapest Hotel-film.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Waar kom die term vandaan?

Die stereotipiese millennial is daarvoor bekend om opslae teenoor kwessies soos seksualiteit te maak en om die besigheidswêreld op sy kop te draai met nuwe verwikkelinge – daarvandaan die term “millennial”. Daar word ook beweer dat die kleur geslagsgelykheid verteenwoordig, omdat dit iewers tussen die tradisionele geslagskleure blou en pienk lê. Millennial pienk is dus by beide mans- en vrouklereafdelings te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sedert 2015 het Pantone ’n pienk kleur van die seisoen aangekondig; van rooskwarts, roosgoud tot “pale dogwood”. Daarom is dit geen geheim nie dat pienk herhaaldelik in die modewêreld te sien is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe stileer jy dié pienk?

Omdat hierdie nuwe kleur so onduidelik gespesifiseer is, kan jy sekere skakerings manipuleer sodat dit by die kleurpalet van jou voorkeur pas. Millennial pienk is nie net in die modewêreld te sien nie, dit kom voor by dekoritems, grimering, haarkleur en selfs by kos. Jy kan pienk stileer sonder om soos ’n Barbie-pop te lyk. Kyk na ontwerpers soos Marc Jacobs, Gucci, Céline en Balenciaga om jou te inspireer.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.