kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Almero Welgemoed

Daar is iemand nuut op die Afrikaanse musieklandskap wat reeds golwe maak. Almero Welgemoed, liedjieskrywer en sanger, het sopas saam met Bouwer Bosch ’n digbundel getiteld Liefde Wen saamgestel. Maar dis nie al nie, hy tree ook saam met bekende plaaslike musikante op en is besig om te werk aan sy debuut solo-album. Ons het met dié skerpsinnige jong man gesels om uit te vind waaroor die bundel handel en watter ander planne hy in die mou voer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van die digbundel Liefde Wen.

Die bundel het begin as ’n digkompetisie. Digters moes hul beste gedigte wat oor liefde handel vir ons stuur. Die skrywers wissel van amateurskrywers tot bekroonde Afrikaanse skrywers. Ons het die beste gedigte (in ons opinie) gekies en die wengedigte verskyn in die bundel. Die hele bundel handel oor een tema: liefde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy is die dryfkrag agter die bundel. Waarom wou jy ’n digbundel saamstel?

Ek wou graag die kompetisie loods en ’n bundel saamstel om Afrikaanse skrywers die kans te gee om gepubliseer te word, asook om te hoor wat van ons land se diepdenkers se opinie oor die liefde is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is dit net die wenners se gedigte wat in die bundel verskyn?

Nee, daar is ook ’n paar bekende name wat bygedra het, onder andere: Deon Meyer, Deon Meiring en Bouwer Bosch. Die digters wissel van rugbyspelers tot hoërskool-onderwysers.

Hoekom is die bundel juis saam met Liefde Wen gedoen?

Liefde Wen wou graag iets terugsaai in die Afrikaanse literatuurgemeenskap en die bundel was die perfekte geleentheid daarvoor.

Watter gedig is jou gunsteling in die bundel?

Dit is vir my onmoontlik om ’n gunsteling te kies, aangesien elke een so briljant en treffend is. Tog is Kansvatter deur Niel Cloete ’n gedig wat die hele essensie van die bundel saamvat.

Voorblad van die nuwe Liefde Wen-digbundel, uitgegee deur Naledi

Vertel ons meer van jouself.

Ek is op die oomblik 20 jaar oud. Ek het grootgeword en skoolgegaan in Bloemfontein, en het in 2016 saam met my broer, Nico, Johannesburg toe verhuis. Ons doen meestal filmwerk en videografie. My hooffokus is musiekmaak en skryf. Ons is betrokke by Liefde Wen as content creators en verder doen ons ook saam live optredes.

Ek is lief vir die see, liewer vir stories, en die liefste vir semi-soet witwyn.

Hoe is dit om saam met jou broer te werk?

Ek en Nico verskil twee jaar. Ons maak al van skool af saam video’s en musiek en ons idees werk gelukkig goed saam. Ons is beste vriende, so dit is verskriklik lekker om saam met hom te werk en te skep. Hy is my voice of reason en ’n steunpilaar as die winde van die lewe my wil omwaai.

Vertel ons van jou gesin.

My pa is ’n onderwyser en predikant. My ma is ’n administratiewe beampte by ’n prokureursfirma. Albei het ’n groot liefde vir musiek en kuns, en hulle moedig my en my broer aan om elke dag ons droom uit te leef.

Ons het drie honde in Bloemfontein en hulle is net soveel deel van die familie as ek en my broer.

Is daar iemand spesiaal in jou lewe?

My ouma, ja.

Watter instrumente bespeel jy als en hoe en waarom het jy begin musiekmaak? En gedigte skryf?

Ek speel klavier, kitaar, ukelele, tjello en mense se hartsnare. (Haha). Ek het klavier begin speel in graad 3 omdat die klavier in my ouma se huis vir my die mooiste ding in die wêreld was. Ek het op hoërskool die ander instrumente leer speel en ook in die geheim gesing. Musiek was nog altyd iets wat verligting bring vir my. Ek maak musiek om te lewe. Ek het van kleintyd af ook geskryf en stories opgemaak en vir die hele gesin voorgelees. Gedigte was iets wat eers vir my bekend geraak het op hoërskool. Iets daarvan om ’n paar woorde in ’n ry te vleg is vir my aanloklik en bekoorlik.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ek sit en antwoord hierdie vrae. (Haha). Ek en my broer is besig met ’n klompie musiekvideo’s vir ander kunstenaars en ons werk ook aan een van my nuwe enkelsnitte. Ons is betrokke by die bemarking van die rolprent Vuil Wasgoed (wat 8 Desember 2017 begin draai) en ons is hard aan die werk met bemarking vir die digbundel.

Jy werk gereeld saam met Bouwer Bosch. Hoe het julle ontmoet en saam begin werk?

Bouwer het ons gekontak nadat hy een van my liedjies op YouTube raakgeloop het. Hy het ons vir ’n week Johannesburg toe genooi, en ’n paar maande daarna het ek en my broer soontoe verhuis. Van toe af werk ons gereeld saam. Ons beskou hom as ’n mentor en ’n vriend.

Julle het ook die temaliedjie vir die fliek Nul is Nie Niks Nie geskryf en gesing. Vertel ons meer van hierdie ervaring.

Ons het die liedjie geskryf tydens ons eerste week in Johannesburg saam met Bouwer. Ons het sonder verwagtinge die liedjie voorgelê vir oorweging as die temalied, maar toe ’n paar maande later gehoor dat die regisseur en vervaardigers gaande was oor die lied. Dit was ’n droom wat waar geword het toe ek die liedjie aan die einde van die film hoor speel.

Jy het hierdie jaar by Oppikoppi opgetree in ’n musiekgroep saam met Bouwer. Vertel ons van hierdie ervaring om by een van die grootste (en stowwerigste) feeste in die land deel te neem.

Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek was nog nooit by Oppikoppi nie en dit was beslis intimiderend om boonop daar op te tree. Gelukkig het almal in die band altyd ’n gerusstellende atmosfeer geskep. Peach van Pletzen was op die dromme, Makkie Auriacombe op die baskitaar en Ruan Graaff op die elektriese kitaar.

Ons het ongelukkig nie tyd gehad om ander bands te sien nie, aangesien ons dadelik terug moes ry Aardklop toe.

Wie is jou inspirasie in terme van musiek en lirieke skryf? En gedigte?

Spoegwolf is vir my ’n groot inspirasie as dit by Afrikaanse musiek en lirieke kom. Hulle is die regte mengsel van diep, lekker, en vol energie.

As dit by gedigte kom, is Ingrid Jonker my heldin. Die ritmiese aard van haar gedigte is treffend en uniek, en klink soos musiek as mens dit hardop lees.

Sou jy ooit toonsettings van ander digters se werke oorweeg?

Ek dink nie ek sal ooit iemand anders se woorde wil omsit in musiek nie. Ek dink nie ek het genoeg selfvertroue daarvoor nie, en boonop is my musiek en woorde iets onafskeidbaar. Ek sal nie musiek kan maak sonder my woorde daarin nie.

Wat sal jy nog baie graag wil bereik?

Ek sal graag ’n boek wil publiseer (dit is in die pyplyn …) en ek wil ook binne die volgende jaar ’n vollengte album vrystel (nog iets in die pyplyn).

Verder sal ek graag vir Riaan Cruywagen ’n liedjie wil sing en dalk ’n liedjie saam met Spoegwolf skryf (skimp-skimp).

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.