kategorieë: Gesondheid

Ken ’n vis-allergie uit

Allergiese reaksies op byna alle kossoorte is relatief lig – ongemaklik wel, maar dit sal jou gewoonlik nie jou lewe kos nie. Jy móét egter van die twee uitsonderings weet: ’n allergie vir seekos en allergie vir grondbone.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Albei hierdie voedselsoorte kan by allergiese mense ’n hewige reaksie veroorsaak wat kan oorgaan in lewensbedreigende, anafilaktiese skok en die dood. Boonop kan die reaksie baie gou ontwikkel. Jou lewe kan letterlik binne minute in gevaar wees, tensy jy die tekens van ’n allergiese reaksie op seekos kan uitken en blitsig die regte hulp kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is die ses tekens van ’n allergiese reaksie op seekos. ’n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ses simptome van ’n ernstige allergiese reaksie op seekos, vis en skulpvis

1. Dit begin gou. Die meeste mense reageer binne ’n paar minute na hulle die seekos geëet het, terwyl ’n klein groepie mense die eerste simptome eers ’n paar uur later ervaar.
2. Sukkel om asem te haal. Die persoon voel en klink soos iemand wat asma het.
3. Jou lippe, tong en/of keel swel.
4. Jou bloeddruk val. Omdat jy waarskynlik nie die regte toerusting by jou het nie, sal jy dit nie kan meet nie. Maar kyk uit vir die volgende simptome: sy pols is swak en stadig, hy is baie bleek, en/of hy is verward of deurmekaar.
5. Veluitslag. Jy kan in kolle uitslaan, of rooi opgehewe swelsels ontwikkel.
6. Jy jeuk.  Jy kan ontsettend jeuk, veral op jou lippe en in jou mind en keel.
7. Maagsimptome. Jy voel naar, gooi op, het maagkrampe en/of diarree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Neem iemand dadelik dokter toe as:

• hy/sy sukkel om asem te haal
• sy/haar tong en/of lippe opswel of sy/haar keel toeswel

Wat om te doen ná ’n allergiese reaksie op seekos

Vanselfsprekend gaan jy voortaan die spesifieke seekos waarop jy gereageer het heeltemal vermy. Maar, het jy geweet dat allergieë in ‘families’ voorkom? As jy vir een item allergies is, is die kanse baie goed dat jy ook vir almal in dieselfde familiegroep allergies sal wees. Laat jouself ná ’n allergiese reaksie op ’n spesifieke seekos toets, en vind uit of daar ander seekosse is wat jy ook moet vermy.

Presies waarvoor is jy allergies?

Seekos val eintlik in drie kategorieë:

• Vis, wat ook sushi insluit
• Gedopte skulpvis, soos kreef, garnale (shrimp) en kalamari
• Seeslakke soos perlemoen, oesters en mossels, dus seediere met ’n eie skulp.

Mense is eintlik selde vir al drie soorte allergies. As jy op vis reageer, is dit baie moontlik dat jy glad nie sal reageer op kreef of perlemoen nie. Gestel jy reageer op perlemoen? Oppas dan vir al die ander soorte seekos wat uit skulpe kom, soos oesters, mossels en perdekrulle.

Kosse wat jy moet vermy as jy vir seekos allergies is

Dit is relatief maklik om seekos uit te ken, en dit dus te vermy. Maar het jy geweet die volgende items kan die allergeen in seekos bevat en ook ’n allergiese reaksie ontlok? As jy ’n seekos-allergie het, let op of hierdie items nie dalk ook simptome soos asma, ’n veluitslag of diarree by jou ontlok nie, sodat jy dit kan vermy:

Caesar-slaaisous
• Worcestershiresous
• Nam pla (Thai-vissous)
• Ceviche (rou vis of skulpvis wat in suurlemoensap gemarineer word en rou geëet word)
• Kaviaar
• Gelatien (gaan die etiket na: dit kan van vis of van diere afkomstig wees)
• Omega 3-aanvullers (gaan die etiket na: dit kan van plante, neute of vis afkomstig wees)
• Geregte soos cioppino, bouillabaisse, fumet, paella, pissaladière, seekospizza, sushi, coponata, nicoïseslaai, rolmops, vischowder, visvingers, viskoekies.

Hoe verskil voedselvergiftiging van seekosallergie?

Jy het ’n visgereg geët en voel baie sleg: het jy voedselvergiftiging, of is dit jou eerste allergiese reaksie op seekos? Mense met voedselvergiftiging het gewoonlik net simptome wat met hul maag verband hou. Jy is tipies:

• Naar
• Gooi op
• Het diarree
• Het erge maagkrampe

Mense met ’n allergie het al hierdie simptome maar hulle sukkel ook om asem te haal, hul lippe, mond en/of keel swel op en hulle kry ’n veluitslag.

Lees ook: Tekens van lae ystervlakke

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: allergies

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.