kategorieë: KosWinterkos

Kerrie-herderspastei

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir die bolaag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 1 patat, geskil en in blokke gesny
  • 2 aartappels, geskil en in blokke gesny
  • 250 g botterskorsie, blokke
  • 5 ml (1 t) neutmuskaat
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 60 ml (¼ k) botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir die vulsel

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 2 uie, gekap
  • 1 seldery, fyn gesny
  • 2 wortels, fyn gerasper
  • 5 ml (1 t) gekapte knoffel
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 30 ml (2 e) tandoori- kerriemengsel (ons gebruik Nomu s’n)
  • 10 ml (2 t) borrie
  • 2 lourierblare
  • 125 ml (½ k) beesaftreksel
  • sout en gemaalde swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Maak die bo-laag: Kook die patat, aartappel en botterskorsie in gesoute water tot sag. Dreineer en druk fyn met `n vurk.
  2. Maak die vulsel: Sprinkel die neutmuskaat en kaneel by en roer die botter by. Hou eenkant.
  3. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie, seldery, wortel en knoffel daarin tot sag.
  4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en bruin. Voeg die kerriemengsel, borrie en lourierblare by. Braai vir nog 1 min.
  5. Gooi die aftreksel by en prut vir 15-20 min. Geur na smaak. Skep in oondvaste bakkies.
  6. Skep die bo-laag op die maalvleis in die oondvaste bakkies. Bak vir 10 min. tot goudbruin.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: kerriepastei

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.