Kerrie-herderspastei
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Vir die bolaag
- 1 patat, geskil en in blokke gesny
- 2 aartappels, geskil en in blokke gesny
- 250 g botterskorsie, blokke
- 5 ml (1 t) neutmuskaat
- 5 ml (1 t) fyn kaneel
- 60 ml (¼ k) botter
- Vir die vulsel
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 2 uie, gekap
- 1 seldery, fyn gesny
- 2 wortels, fyn gerasper
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 500 g maer beesmaalvleis
- 30 ml (2 e) tandoori- kerriemengsel (ons gebruik Nomu s’n)
- 10 ml (2 t) borrie
- 2 lourierblare
- 125 ml (½ k) beesaftreksel
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 °C.
1. Maak die bo-laag: Kook die patat, aartappel en botterskorsie in gesoute water tot sag. Dreineer en druk fyn met `n vurk.
2. Maak die vulsel: Sprinkel die neutmuskaat en kaneel by en roer die botter by. Hou eenkant.
3. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie, seldery, wortel en knoffel daarin tot sag.
4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en bruin. Voeg die kerriemengsel, borrie en lourierblare by. Braai vir nog 1 min.
5. Gooi die aftreksel by en prut vir 15-20 min. Geur na smaak. Skep in oondvaste bakkies.
6. Skep die bo-laag op die maalvleis in die oondvaste bakkies. Bak vir 10 min. tot goudbruin.
Rooi Rose
Lees Meer
Geurige klapperrys
22/08/2024
Maklike resepte vir ’n maand
01/07/2024
15 van ons beste winterresepte
24/06/2024