Teken in, spaar én wen!
Die Middelvlei-wynlandgoed, net buite Stellenbosch se “Kersliedjies met Sonsondergang” op Sondag 12 Desember is jou kans om die Kersgees te vang.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Kom span uit met ‘n glasie of twee van Middelvlei se wyne terwyl die kleingoed die plaasdiere leer ken, op die ruim grasperk baljaar of aan een van die prettige speletjies deelneem. As die weer saamspeel, sal ’n asemrowende sonsondergang ’n bonus wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Maar wat is ’n Kersfees sonder ’n Kersvader? Kersvader sal spesiaal sy verskyning (per trekker) maak om geskenke aan die kleingoed uit te deel, en die aand sal met die sing van Kersliedjies afgesluit word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Niemand sal honger huiswaarts keer nie, want die aand se koste van R400 per paartjie sluit ’n boerebraai- geïnspireerde tapasbord in. Soetmieliepoffertjies met ’n soetrissiesous, mini-braaibroodjies, hoendersosaties en boereworssosaties is onder meer op die spyskaart. Nagereg is opsioneel ekstra. Daar word ook vir die kleingoed voorsiening gemaak met ’n peuselboks wat boerewors, aartappelskyfies, ’n sap en lekkergoed teen R90 per kind insluit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Voorafbespreking vir hierdie spesiale geleentheid is noodsaaklik en kan gedoen word via e-pos by info@middelvlei.co.za.
Deur Maryke Roberts
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.