kategorieë: KalenderOntspanning

Keyes Art Mile: First Thursdays

Die buurt, met ’n hart van kuns en ’n amper-volledige verhuurde StudioMAS-gebou, bekend as Trumpet, is die ideale plek vir hierdie lekker aande. Die galerye, restaurante, hoê-konsep handelaars en meer, sal aangevul word deur mobiele kostrokkies, opskietwinkels en regstreekse musiek, om te sorg vir ’n lekker aandjie uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

First Thursday se klem op die visuele kunste en ontwerp is die rede waarom Keyes Art Mile se drie kern galerye (SMAC, What If The World en Southern Guild) hul deure tot laataand oophou om ’n verskeidenheid wêreldklas kunstenaars en ontwerpers se werk te vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Trumpet se handelaars – Anatomy Design, Missibaba, Okapi, Kartell, Moroso, Cassina, FLOS Lighting en Shelflife – is ook oop, wat Keyes Art Mile-besoekers die geleentheid bied om laataand inkopies te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kosliefhebbers kry die kans kry om te proe aan kosse van Milk Bar en BGR’s se “best burgers in town”, tot die bekroonde sjef David Higgs se konsep-slaghuis, asook Marble, Higgs se 200-sitplek restaurant.

Drie kostrokkies – Balkan Burger, Amexiano en Vuyos is ook beskikbaar. Die roomys-fiets Two Scoops bied roomys in interessante geure soos Prosecco en Gin & Tonic aan. ’n Absolute Vodka-toonbank is verder ook binne maklike bereik. Die Swazi Cartel sal ook twee stelle van Trumpet Atrium se trap af musiek maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besonderhede

Adres: 19 Keyes Avenue, Rosebank, Johannesburg
Tyd: 18:00 tot laat
Facebook: Keyes Art Mile
Instagram: @keyesartmile
Twitter: @keyesartmile

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: dagboek

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

18 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.