kategorieë: Ontspanning

Nuut in die flieks: Hoener Met Die Rooi Skoene

Hoener Met Die Rooi Skoene is ’n riller-komedie wat handel oor ’n onverklaarbare moord, wat verkillende kinkels en raaisels vir die kyker inhou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kaptein Hendrik Greyling (Louw Venter), word die ondersoekbeampte van ’n ongewone moordtoneel met die lyk wat spoorloos verdwyn. Hy bevind homself te midde van die chaos en verwarring van meer as een moord en ’n situasie wat die grootste uitdaging van sy loopbaan en lewe blyk te wees. Dié lyk van die vermoorde kom dan weer te voorskyn, maar is dan nie meer ’n lyk nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Venter sê die film is uniek, as gevolg van sy genre.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit is ’n regte “whodunnit”, soos Columbo of Murder She Wrote, maar met ’n paar wulpse moderne kinkels.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Kykers kan spanning, humor, intrige en ’n heerlike tikkie romanse verwag,” sê Venter.

Behalwe Venter, sorg Lizz Meiring, Deon Lotz, Dorette Potgieter, Lida Botha, André Weideman, Geon Nel en Laré Brink vir die rillervermaak.

Venter sê die beste oomblikke gedurende die skiet van die fliek was om saam met Koos Roets en die room van Suid-Afrikaanse akteurs te werk.

“In een toneel was ek saam met Lida Botha, Deon Lotz, Dorette Potgieter, Lare Birk en Andre Weideman, almal op dieselfde oomblik!”

“Die slegste oomblik was seker toe ek in ’n kas moes wegkruip vir ’n toneel. Die rak bo my het ineengestort en ses bottels wyn en agt wynglase het op my afgereën!”

Kyk hier na ’n eksklusiewe agter-die-skerms geselsie met Louw Venter:

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.