kategorieë: DieetGesondheid

Kies jou eie verslankingsdieet

Kies jou eie verslankingsdieet deur Regina Malan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis weer daardie tyd van die jaar.

Die winter met sy trooskos-oordaad lê agter die rug en die somer is om die draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe kan jy daardie lyf kry wat jou weer selfrespek voor die spieël gee?

Volg ’n dieet natuurlik, maar hoe kies jy tussen die Atkins-dieet, die Dukan-dieet, die Beverley Hills-dieet, die Koolsopdieet, die Franse dieet, die Paleo-dieet, die Tim Noakes-dieet, die Mediterreense dieet … noem maar op?

Ons sit ’n paar dieetplanne uiteen waarmee mense suksesvol gewig verloor het om jou keuse makliker te maak. Jy kan self besluit waarvoor jy kans sien. Onthou net, dié is slegs kort inligting. Jy sal meer oor jou eetplan moet nalees om dit reg toe te pas. En onthou ook: ’n dieet werk net solank jy hom getrou navolg. Kortpaadjies hier en kierankies daar saboteer jou en jy kan dan netsowel die hele poging laat vaar.

Lees ook: Stroopsoet is stout – sny nou suiker uit

Kies jou eie verslankingsdieet

Voedselkombinering

Die beginsels van dié eetplan is in die 1930’s deur dr. William Howard Hay opgestel. Hy was sieklik en baie oorgewig. Met dié eetplan het hy 22 kg afgeskud. Volgens hom vereis die natuur dat ons eenvoudig eet.

Hoe werk dit?

Jy kan ’n groot verskeidenheid vars, gesonde kossoorte eet, maar daar is riglyne:

  • Moenie proteïene en stysel tydens dieselfde maaltyd eet nie.
  • Groente, slaai en vrugte moet die grootste deel van jou dieet uitmaak vanweë die gesonde alkaliese effek op jou liggaam.
  • Skakel suiker en verfynde kosse heeltemal uit.
  • Laat vier uur tussen maaltye verloop om behoorlike vertering van die kos te verseker.

Wat belowe dit?

  • Gewigsverlies.
  • Verminder suur en alkaliseer jou liggaam.
  • Verbeter gesondheidstoestande soos sooibrand, hardlywigheid en allergiese veltoestande.
  • Verhoog energievlakke.

Lees ook: Lys van kosse wat suur verminder en vermeerder

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Dis nie ’n laevetdieet nie en die gebruik van natuurlike produkte soos room, botter en heuning word aanbeveel.
  • Matige wyn- en bierinname.
  • Suiker en ander verfynde kosse is taboe.
  • Geen chemies behandelde produkte soos margarien nie.

Uiteet
Maklik.

  • Pleks van aartappels of rys bestel jy slaai of groente saam met jou vleis of vis.
  • Sê nee vir nagereg.

Nadele

  • Verg selfdissipline – dis onnatuurlik om so te eet maar dr. Hay se voedselkombineringstabel maak dit makliker. Kan lei tot lae energievlakke, slegte asem en hardlywigheid.

Oefening

  • ’n Aktiewe leefstyl word aangemoedig.

Bekendes wat dié dieet volg of gevolg het

Maria Carey het 20 kg so afgeskud en weer haar “jongmeisielyf” herwin.

Nuttige boek

Doris Grant en Jean Joice: Food Combining for Health.

Lees ook: 4 wetenskaplike oplossings wat enige dieet beter laat werk

Kies jou eie verslankingsdieet

Dukan-dieet

Opgestel deur ’n Frans-Algerynse mediese dokter, dr. Pierre Dukan. Dis ’n hoëproteïen-, laekoolhidraat- en laevetdieet. Die eetplan behels vier opeenvolgende fases:

  • Aanval: 8-10 dae waarin jy uitsluitlik laevet-proteïene (soos vleis, vis, hoender en eiers) eet.
  • Voortgang: Wissel proteïendae met proteïen-en groente-dae af. Die hoeveelheid groente is onbeperk.
  • Konsolidering: Eet elke dag proteïene met groente.Vrugte, brood en kaas word ook nou toegelaat.
  • Instandhouding: Eet net wat jy wil, maar elke Donderdag bly ’n suiwer proteïendag.

Wat belowe dit?

Permanente gewigsverlies sonder dat jy honger ly.

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Maer vleis, vis en hoender saam met groente maak die grootste deel uit. Die minimum olyf- en ander kookolie word toegelaat omdat dit ’n laevetdieet is. Kooksproei word eerder aanbeveel.
  • Geen suiker nie.
  • Drink water, tee, koffie, vetvrye melk, dieetkoeldrank.

Uiteet

  • In die eerste fase, wat net uit proteïenkos bestaan, moet jy dalk liewer tuis eet. Daarna is uiteet maklik – los bloot die brood en styselgroentes.

Lees ook: Dieetwenke wat vir almal werk

Nadele

  • Dit vereis aanvanklik baie selfdissipline, want dis onnatuurlik om dae lank net proteïene sonder groente of slaai te eet. Dr. Dukan erken dat hierdie dieet kan lei tot lae energievlakke, slegte asem en hardlywigheid.
  • Dieetkundiges bevraagteken die gebrek aan koolhidrate en vette.

Oefening

Stap of draf daagliks twintig minute en moet nooit weer ’n hysbak gebruik nie.

Bekendes wat dié dieet volg of gevolg het

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, en haar ma het hierdie eetplan gebruik om slank te word voor die koninklike troue in Engeland.

Nuttige boek

Pierre Dukan: The Complete Dukan Cookbook.

Lees ook: Is dit tyd om te begin vas?

Nataniël se dieet

Nataniël se suksesvolle gewigsverlies met sy bruinrys-en-lensieresep het hierdie dieet beroemd gemaak. Vandag is dit amper deel van ons Africana.

Hoe werk dit?

  • Jy kook ’n basiese mengsel van bruinrys en lensies saam met uie, tamaties, kruie en ander geurmiddels. By hierdie mengsel voeg jy die volgende sewe dae daagliks ekstra bestanddele soos aspersies, sampioene of tuna by. Wanneer jy ook al honger is, eet jy van die mengsel vir daardie dag. Moenie die dieet langer as 14 dae aaneen volg nie.

Wat belowe dit?

  • Vinnige gewigsverlies sonder hongerpyne. ’n Skrywer op Health24.com sê dat sy binne een maand 12 kg met hierdie dieet verloor het.

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Vir die duur van die dieet word net die bruinrys-en-lensiemengsel saam met elke dag se byvoeging geëet.
  • Drink water en tee.

Lees ook: Kan slaap jou slim, slank en ryk maak?

Kies jou eie verslankingsdieet

Uiteet

  • Solank jy hierdie eetplan volg, sal jy maar moet tuisbly. Restaurante kan dit nie aan jou voorsit nie.

Nadele

  • Die dieet mag nie langer as twee weke volgehou word nie. Daarna is jy weer aan jou luste en onluste uitgelewer en kan jy maklik weer gewig aansit.
  • Dit kan vervelig word om elke dag bruinrys en lensies te eet.

Oefening
Matige oefening.

Bekendes wat dié dieet volg of gevolg het

Nataniël

Nataniël se dieet-resep

Basis

  • 1 ½ k bruinrys
  • ¾ k bruin lensies
  • 2 eetlepels sojasous
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • seesout
  • gemaalde swartpeper
  • 2 tamaties, gekap
  • 1 ui, gekap
  1. Spoel rys en lensies goed af en gooi saam met 1 eetlepel sojasous en kerrie in kastrol. Geur lig met seesout.
  2. Bedek met water en kook tot gaar. Moenie pap kook nie.
  3. Roer res van sojasous, suiker, olie, tamatie en ui by warm rys en geur met peper.
  4. Vars kruie soos pietersielie, koljander, grasuie of basiliekruid kan ook bygevoeg word.

Roer elke dag iets anders by

DAG 1 • 1 groen of rooi soetrissie, gekap (kan gerooster wees)
DAG 2 • 2 koppies gaar aspersies of sampioene (nie gebliktes nie)
DAG 3 • 1 blikkie fyn tuna, gedreineer
DAG 4 • Vars pynappel, in blokkies gekap
DAG 5 • 1 koppie geelwortels, in blokkies en net gaar gestoom. ’n Klein brandrissie is opsioneel
DAG 6 • Groen groente soos spinasie, brokkoli, kool of preie, net gaar gekook of gestoom
DAG 7 • 2 koppies fyn gaar hoender

Eet elke dag net dié kos, warm of koud, wanneer jy wil, soveel jy wil. Maar luister na jou lyf en eet net wanneer jy honger is. Moenie langer as twee weke hiermee volhou nie.
Bron: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/

Lees ook: 10 kosse met die meeste sout

Atkins-dieet

Reeds meer as veertig jaar gelede ontwikkel deur dr. Robert C. Atkins. Dis ook ’n hoëproteïen-, laekoolhidraatdieet, maar in teenstelling met die Dukan-dieet laat dit ’n onbeperkte hoeveelheid vet toe. Sekere groentes word ook reeds in die eerste fase geëet.

Die eetplan behels verskillende fases:

  • Induksie: Die sleutelfase vir maksimum gewigsverlies. Dis ’n hoëproteïenfase van twee weke waarin pasta, brood, graankosse, vrugte en styselgroente verbode is. Proteïene soos rooivleis, pluimvee, vis en seekos, vetryke kos soos spek en eiers en botter en ook sekere groentes word geëet. Geen kafeïen en alkohol word toegelaat nie.
  • Fase 1 – OWL (Ongoing Weight Loss): Meer kossoorte word bygevoeg en jy sal stadiger gewig verloor.
  • Voor-instandhouding: Jy begin met dié fase wanneer jy omtrent 4,5 kg van jou doelgewig af is. Koolhidrate word weer geleidelik ingevoer.
  • Instandhouding: In dié fase bepaal jy wat die optimum koolhidraatbalans in jou dieet behoort te wees sodat jy jou gewig konstant kan hou.

Wat belowe dit?

Vinnige en permanente gewigsverlies sonder dat jy honger ly.

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Vir die maksimum energie moet jy baie proteïene eet, spesifiek van diere afkomstig, soos vleis, vis, hoender en eiers.
  • Veselryke kos soos groente en vrugte is noodsaaklik. Koolhidrate in die vorm van brood, pasta, aartappels, rys, ens. word uitgeskakel.
  • Drink elke dag baie water.
  • Koffie en tee word toegelaat.

Lees ook: 59 vinnige happies vir jou dieet

Kies jou eie verslankingsdieet

Uiteet

  • Begin jou ete met ’n slaai, maar bly weg van restaurantslaaisous. Daarna is proteïene (vleis, vis, ens.) saam met blaargroente of byvoorbeeld brokkoli of blomkool reg.
  • Vermy nagereg.

Nadele

  • Navolgers kla soms oor hardlywigheid. Ekstra veselinname is noodsaaklik.
  • Jy moet die koolhidrate in elke voedselsoort tel.
  • Moeilik om ná die induksiefase te bepaal wat jou regte koolhidraatinname moet wees.

Oefening

  • Jy sal gewig verloor selfs sonder oefening, maar oefening is gesond.

Bekendes wat dié dieet volg of gevolg het
Kim Kardashian wat ná haar swangerskap omtrent 13 kg verloor het.

Nuttige boek
Robert C. Atkins: Dr Atkins’ New Diet Revolution.

Lees ook: Hoekom jy sonskyn en vitamien D nodig het

Franse dieet

Dis eintlik ’n nie-dieet en kom uit Mireille Guiliano se boek French Women Don’t Get Fat.

Franse vroue tel nie kalorieë nie en slaan nie maaltye oor nie. Hulle het ’n liefdesverhouding met gehaltekos en put fynproewersgenot uit hul maaltye. Volg hulle gewoontes na en word maerder en gesonder.

Hoe werk dit?

  • Eet kos van hoë gehalte.
  • Eet kleiner porsies.
  • Eet stadig en met oorgawe.
  • Franse vroue eet met al vyf hul sintuie. Hul maaltye duur langer en daarom word hulle versadig deur kleiner porsies. Selfs ’n Franse croissant is klein en kan vir ontbyt geëet word. Kaas en beskuitjies na ete? Slegs ’n klein porsie uitstekende brie is vir hulle genoeg.
  • Eet drie maaltye per dag en sit aan tafel as jy eet.
  • Die eerste twee dae doen jy ’n semi-vas waar jy net preisop eet en baie water drink. Daarna word vis, groente, jogurt en vrugte bygevoeg.
  • Eet ’n verskeidenheid vars, seisoenale kossoorte.

Wat belowe dit?

  • ’n Gesonder verhouding met kos.
  • Bevrediging uit goeie, smaaklike kos.
  • Permanente gewigsverlies.
  • Lewensgenot.

Lees ook: Eet jou hart gesond

Kies jou eie verslankingsdieet

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Niks is eintlik vir ’n Franse vrou verbode nie, selfs nie room, sjokolade en wyn nie. Sy sal natuurlik haar neus optrek vir ongesonde, geprosesseerde kos.
  • Gesonde, seisoenale groente en vrugte is belangrik. Vleis sluit enigiets in, selfs afval en organe. ’n Klein nagereg is deel van die maaltyd.
  • Drink baie water.

Uiteet

  • Maklik. Die maaltyd word ’n uitgerekte kuier oor verskillende gange, maar die porsies bly klein en die bestanddele is gesond.

Nadele

Watter nadele? Jy eet gesond, baie soorte kos en smaaklik. En kuier lekker oor maaltye.

Oefening

Stap, stap, stap. Franse vroue loop na waar hulle wil wees.

Bekendes wat dié dieet volg of gevolg het

Catherine Deneuve.

Nuttige boek

Mirielle Guiliano: French Women Don’t Get Fat.

Lees ook: Die porsie-geheim wat enige dieet sal laat werk

Tim Noakes-dieet

Prof. Tim Noakes volg ’n hoëvet- en laekoolhidraat-eetplan. Hy glo ook proteïen is noodsaaklik omdat dit ’n mens energie gee en hongerpyne stil.

Noakes sê dié is nie ’n eenmalige dieet nie, maar ’n permanente leefstylaanpassing ter wille van jou gesondheid.

Dit het ooreenkomste met die Dukan-dieet.

Lees ook: 10 feite oor die Noakes-dieet wat jy kan glo

Hoe werk dit?

Riglyne vir dié dieet behels:

  • Laat jou liggaam vir jou sê wanneer en hoeveel jy wil eet.
  • Eet baie proteïene soos vleis, vis, hoender, eiers en kaas.
  • Koolhidrate word beperk en verfynde koolhidrate is taboe.
  • Skud jou suikerverslawing af. Dit is uiters ongesond.

Wat belowe dit?

  • Natuurlike, vinnige gewigsverlies.
  • Lewenslange gesondheid en jeugdigheid.
  • Baie energie. Voorkom diabetes.

Lees ook: Ken jou koolhidrate vir banting

Kies jou eie verslankingsdieet

Wat mag jy eet en wat nie?

  • Suiker moet waai, sê Noakes, en koolhidrate soos pap, brood, rys en aartappels ook.
  • Eet vleis, vis en hoender met hoofsaaklik blaargroente.
  • Die vleis kan maar vet wees – dink aan ’n vet skaaptjoppie of spek en eiers (natuurlik sonder die brood).
  • Moenie baie vrugte eet nie.
  • Drink onversoete water, tee en koffie.

Uiteet

Taamlik maklik. Bestel groente of slaai (nie aartappelskyfies of rys nie) saam met jou vleis of vis.

Sê nee vir nagereg.

Nadele

  • Jy moet baie kossoorte waaraan jy gewoond is prysgee, soos rys, aartappels, pasta, ontbytgraan en brood. Dié eetstyl verg selfdissipline, maar is dit regtig ’n nadeel?

Oefening

Gereelde oefening. Die eetplan sal jou baie energie daarvoor gee.

Bekendes wat dié dieet volg of gevolg het

Tim Noakes, wat 18 kg verloor het.

Nuttige boek

Tim Noakes e.a.: The Real Meal Revolution

Lees ook: Koolhidrate: Die groot wit gevaar

Kies jou eie verslankingsdieet

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.