kategorieë: TrendsMode

Klassieke motors en mode

Classic Cats se wortels lê in Stellenbosch op Vredenheim Wynlandgoed en word bestuur deur ’n passievolle entoesias. Hulle is perfek geleë om kliënte persoonlike en vriendelike diens te bied. Hulle spesialiseer in chauffeur aangedrewe klassieke motors wat jou toelaat om met styl en elegansie by spesiale geleenthede te arriveer. Hulle bied ook eksklusiewe toere in die prag motors waarmee jy die wynlande kan besigtig. Verskeie pakette is beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Motors kan per afspraak besigtig word en word in en om die Wynlande van Stellenbosch tot by Robertson, Wellington, Somerset Wes, Franschoek asook Kaapstad gebruik. Al die motors is gerestoureer tot die hoogste standaarde en bied verkoeling in die interieur om gemak en satisfaksie te verseker. Behalwe vir die Jaguar-modelle kan ’n 1958 Volkswagen Beetle,1970 Mercedes Benz 280SE en ’n 1968 Volkswagen Variant Fastback ook bespreek word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons was bevoorreg om een van Classic Cats se klassieke prag motors in ons Augustus 2014-uitgawe se mode-fotosessie te gebruik. Die 1958 Jaguar Mark VIII 3.4 (Ebony over Ivory), is grasieus en elegant vir so ’n reus. Antieke hout piekniek-tafels skuif uit van agter die voorste sitplekke, perfek as ’n staanplekkie vir jou glas sjampanje. As passasier kan jy terugleuen teen die stylvolle roomkleurige leersitplekke en die weelderigheid wat jou omring, waardeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.