kategorieë: KosJy kanWinterkos

Klassieke ragù à la bolognese

Die ragù word langsaam in die oond in ’n oondpan gekook, en daarom maklik om baie te maak. Ons het 4 k vir die kitslasagne gebruik. Resep deur Vickie de Beer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak sowat 3,5 kg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

60 ml (¼ k) olyfolie
4 uie, gekap
4 wortels, gekap
4 selderystingels, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
sout en gemaalde swartpeper
250 g pancetta of dik spek, in stukkies gesny
200 g hoenderlewer, fyn gekap
1 kg varkmaalvleis
1 kg binneboud-beesmaalvleis (topside)
90 ml tamatiepasta
4 x 410 g-blikke heel, geskilde tamatie
500 ml (2 k) rooiwyn
bouquet garni: ’n paar takkies pietersielie, tiemie en 2 lourierblare met kombuistou gebind

1 Verhit 30 ml (2 e) van die olie in ’n groot pan en braai die uie, wortels en seldery oor lae hitte daarin tot sag en dit net begin kleur kry. Sit die pancetta by en braai goudbruin.
2 Stoot die groente en spek na die kant van die pan en braai die hoenderlewer, knoffel en tamatiepasta vir 4-5 min. tot net gaar. Skep alles in ’n groot oondpan en hou eenkant.
3 Verhit nog 15 ml olie in dieselfde pan en braai die beesvleis bietjies op ’n slag daarin tot dit begin kleur kry. Skep in die oondpan.
4 Voorverhit die oond tot 140 °C.
5 Braai die varkmaalvleis ook in dieselfde pan. Voeg die helfte (250 ml) van die wyn by en skraap die boom van die braaipan skoon. Gooi alles in die oondpan.
6 Verhit die oondpan en roer al die bestanddele saam tot dit prut. Gooi die blikkies tamatie, res van die wyn, aftreksel en bouquet garni by. Geur met sout en peper. Bedek die oondpan met foelie en sit in die middel van die warm oond. Bak vir 3 uur. Verwyder die foelie en bak vir nog ‘n uur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kitslasagne


Meng 250 ml crème fraîche, 250 ml dubbeldikroom, 30 ml melk, 1 eier, 120 g mozzarella en 60 g parmesaan en hou eenkant. Gebruik sowat 1,5 kg van die ragù. Skep ’n lagie vleis in ’n 30 cm x 25 cm diep oondpan en pak ’n laag lasagnevelle (1 boks vir die hele lasagne is genoeg) bo-op. Smeer van die crème fraîche-mengsel bo-oor en herhaal die lagies. Eindig met ’n laag vleis en die crème fraîche-mengsel. Strooi nog 60 g parmesaan oor en bak vir 30-45 min. in ’n voorverhitte oond van 200 °C. Laat vir 30 min. afkoel en sny in blokke.

#rooirosewenk
Skep die afgekoelde ragù in gemerkte 1 liter-houers en vries porsies vir maklike gebruik.

Lees ook: Ragù … wat jy benodig

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.