Hierdie Suid-Afrikaanse bekendes het onlangs opwindende baba-nuus gedeel:
Demi Lee Moore en manlief se eersteling is hier!
Die geliefde sangeres en Die Kontrak-wenner, Demi Lee Moore, het Dinsdag op sosiale media gedeel dat Baba Beau op 30 September sy opwagting gemaak het. Die nuwe mamma en haar man, Barthlo Visagie, ‘n kitaarspeler met wie sy gereeld die verhoog deel, straal van geluk in die foto wat sy gedeel het.
In ‘n vroeër plasing op Instagram het sy die volgende geskryf:
“…. my vriendin sê die ander dag sy hoop dit is ‘n seuntjie, want die wêreld kort meer Barts! – en ek stem so saam… soooo oogewonde oor ons klein mensie.”
Melinda Viljoen verwelkom tweede pienkvoet!
Die Binnelanders-aktrise Melinda Viljoen en haar man, Francois, se tweede baba is hier en dis weer ’n dogtertjie! Hul is reeds ouers van die skattige Liebe wat in Desember twee jaar oud word.
Melinda het onlangs op sosiale media gedeel dat die nuutste lid van die Viljoen-gesin se naam Heide is.
Sy het die volgende by haar plasing geskryf:
“In absolute verwondering…
oor haar,
haar koms,
ons dogtertjies,
Sy tyd…”
Roxy Louw is swanger
Die DJ, model en branderplankryer Roxy Louw is swanger met haar en haar man, Sam Barton se eersteling. Die egpaar verwag ‘n seuntjie.
Sy het die nuus met foto’s van haar en Sam, wat ‘n string sonarfoto’s vashou, op sosiale media gedeel en geskryf, “We have some news ❤️🥹 Feb/March 2026 we will welcome our first little Barton into the world. 😍”
View this post on Instagram
View this post on Instagram
Marise Pollard hou ooievaarstee
Die Springbok-losskakel Handré Pollard en sy vrou, Marise, het vroeër vanjaar op Instagram aangekondig dat sy swanger met ‘n dogtertjie is – net ’n paar dae nadat hulle hul seuntjie, Hunter, se eerste verjaarsdag gevier het.
Hunter se sussie word hierdie maand verwag.
Haar koms is onlangs tydens ‘n stylvolle ooievaarstee by die Kaaps-Hollandse plaas Babylonstoren in Franschhoek gevier. Marise het haar volgelinge op sosiale media ‘n kykie van die spesiale dag, wat ‘n tikkie plaaslewe ingesluit het, gegee.
“The best day celebrating our baby girl in the most beautiful place. Wrapped in love, held in prayer, and surrounded by those who mean the most. Thank you for filling our hearts and her future with so much light. Ek is so lief en dankbaar vir elkeen van julle,” het sy by die plasing geskryf.
View this post on Instagram
View this post on Instagram
Baie geluk aan al die bekendes met hul babageluk!
Lees ook: Ilse van Hemert is die meesterbrein agter Spoorloos se legkaart
