kategorieë: DekorLeefstyl

Kleur in jou huis

Deur Elandrè Swart. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kleurkombinasies is een van die intimiderendste stappe wanneer dit kom by dekor. Kleur het die krag om die vorm en grootte van meubels te verander, sowel as die vorm en grootte van die kamer self. Om die regte kleure te kies is egter nie moeilik as jy jouself toerus met basiese inligting oor kleur en die effek daarvan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar wenke wat jy kan volg om die regte kleurkeuses te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies sorgvuldig

Kleure is geneig om ’n soortgelyke reaksie by die meeste mense te ontlok, daarom is dit belangrik om mooi te dink oor die kleur wat jy vir die dekor in jou huis wil kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou in gedagte dat elke kleur ’n sielkundige waarde het. Dink na oor hoe sekere kleure jou laat voel – dit kan enige emosie beïnvloed, van kalmte tot woede. Sodra jy iets vind waarvan jy hou, beperk die aantal kleure in ’n kamer tot nie meer as vier nie. Te veel kleure kan ’n vertrek baie deurmekaar laat lyk en jy wil vrede en harmonie in plaas van chaos in jou huis skep.

Kleure en hul effek op jou gemoed

Rooi

Rooi verhoog die energievlak in ’n vertrek. Dit is dus ’n goeie keuse wanneer jy aandag wil gee aan ’n spesifieke fokuspunt in jou huis. In ’n sit- of eetkamer trek rooi mense saam en stimuleer dit gesprek terwyl dit ’n sterk eerste indruk in ’n voorportaal skep.

Rooi is ook ’n stimulant. Dit bevorder moed en vreesloosheid. Gebruik hierdie kleur as jy selfvertroue wil verhoog.

Geel

Geel skep vreugde en kommunikeer geluk. Dit is egter nie ’n goeie keuse vir ’n hoofkleur nie omdat dit gevoelens van frustrasie en woede kan skep as dit in groot hoeveelhede gebruik word. Dit is wel ’n uitstekende keuse as ’n bykleur vir kombuise, eetkamers en badkamers. In gange en klein spasies kan geel ook die spasie groter laat vertoon en gaste welkom laat voel.

Blou

Blou verminder bloeddruk en hartklop. Daarom word dit beskou as rustig en word dit dikwels vir slaapkamers en badkamers aanbeveel.

’n Pastelblou wat mooi lyk op ’n verfkaart kan egter onaangenaam en koud teen mure en op meubels voorkom, veral in ’n kamer wat min natuurlike lig kry. As jy ligblou as die primêre kleur in ’n kamer gebruik, balanseer dit met warm kleure vir meubels en materiale.

Donkerblou word dikwels met diepte en stabiliteit geassosieer. Dit verteenwoordig kennis, krag en integriteit. Kies donkerblou om ontspanning in sosiale areas soos gesinskamers, woonkamers of groot kombuise aan te moedig.

Groen

Groen word beskou as die rustigste kleur vir die oog. Dit is die kleur van ’n nuwe begin en groei en is geskik vir enige vertrek in die huis. Groen het ook ’n kalmerende effek wanneer dit as hoofkleur gebruik word.

Daar word geglo dat groen help met vrugbaarheid, wat dit ook ’n goeie keuse vir die slaapkamer maak.

Pers

Pers in sy donkerste weergawe (soos eiervrug) is ryk, dramaties en gesofistikeerd. Dit word geassosieer met luuksheid en kreatiwiteit. As ’n aksent of sekondêre kleur skep dit diepte. Ligter weergawes van pers, soos laventel, bring dieselfde rustige kwaliteit na slaapkamers soos blou, maar sonder die kans om koud te voel.

Oranje

Oranje roep opgewondenheid en entoesiasme en is ’n energieke kleur. Alhoewel dit nie ’n goeie kleur is vir ’n woon- of slaapkamer nie, is dit ideaal vir ’n oefenkamer. Dit sal al die emosies wat jy tydens jou oefenroetine vrygestel het, uitbring.

In antieke kulture is daar geglo dat oranje die longe genees en energievlakke verhoog. Dit verhoog ook suurstoftoevoer na die brein.

Neutrale kleure (swart, grys, wit en bruin)

Neutrale kleure gaan gedurig in en uit die mode, maar hul doel lê altyd in hul buigsaamheid. Voeg ’n helder kleur by neutrale kleure om dinge op te kikker of voeg neutrale kleure by ’n helder kleur om dinge te kalmeer.

Swart word die beste in klein dosisse as ’n aksentkleur gebruik. Sommige kenners beweer dat elke kamer ’n titseltjie swart benodig om die kleurskema diepte te gee.

Wit word geassosieer met lig, goedheid, onskuld, suiwerheid en maagdelikheid. Dit word ook beskou as die kleur van perfeksie en het gewoonlik ’n positiewe konnotasie. Dit kan ’n suksesvolle begin verteenwoordig.

Verskaffers

Superbalist | superblalist.com
YuppieChef | yuppiechef.com
House of Sofia| houseofsofia.co.za
Mr Price Home |0800 212 535
Skinny Laminx | skinnylaminx.com
Woolworths |0860 022 002
Block and Chisel | blockandchisel.co.za
Knus | knus.co
MonoShop | monoshop.co.za
rooi rose winkel | rooirosewinkel.co.za
Weylandts | weylandts.co.za
Hello Pretty | hellopretty.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.