kategorieë: HareSkoonheid

Wynpartytjie vir jou hare

Deur: Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Na ’n lang dag by die werk is dit soms lekker om met ’n glasie wyn te ontspan. Maar het jy geweet die antioksidante in druiwe is ook goed vir jou hare? As jou hare vaal, droog, gebreek of sonder glans is, is dit dalk tyd om jou hare met ’n glasie wyn te bederf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Let wel: dit beteken nie jy hoef jou duur wyn op jou hare uit te gooi nie, daar is produkte wat geen alkohol bevat nie en wat nie jou hare sal uitdroog of beskadig nie. Die hoofbestanddeel wat gebruik word is druiwesaadolie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die voordele van druiwesaadolie vir jou hare

  1. Bevorder haargroei: Druiwesaadolie bevat noodsaaklike voedingstowwe soos vitamien E, proteïene, minerale en linoleïensuur wat jou kopvel en hare voed en help om dit vinniger te laat groei.
  1. Bevogtig jou hare: Druiwesaadolie is lig en word vinnig gepenetreer, daarom bevogtig dit jou hare en laat dit blink, sonder om dit olierig te laat voel.
  1. Natuurlike verfrisser: Dit verbeter die voorkoms van jou hare deur jou hare te voed.
  1. Dit is ryk in antioksidante.
  2. Dit kan selfs op sensitiewe kopvelle gebruik word.
  3. Dit versterk die hare van die wortels af en verlos dit van gereelde haarprobleme.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie produkte

Hask

Hask se White Wine-reeks is ideaal om die glans in jou hare terug te kry en dit kan op enige haartipe gebruik word. Dit het ook ’n lieflike suurlemoen-, peer-, appel- en spanspek-reuk. Witwyn bevat goeie antioksidante wat jou hare bevogtig, verhoed dat dit uitdroog en die natuurlike glans daarvan teruggee. Hask het ook ’n Red Wine Collection wat jou hare sal herstel, bevogtig en versterk en ’n Rosé Collection wat jou hare sal bevogtig, hidreer en beskerm.

Hask Wine 10-leave-In-Spray (R169,95)

Hask Pinot Grigio Deep Conditioner (R69,95)

Hask Sauvignon Blanc Deep Conditioner (R69,95)

TheraVine

Die TheraVine Sauvignon Blanc Shampoo (R172) is ’n verfrissende, aromatiese sjampoe hoog in antioksidante wat jou hare sal reinig en beskerm teen daaglikse omgewingsfaktore wat dit vuil maak. Dit verwyder ook die produkte wat teen die wortels op jou kopvel aanpak.

Die TheraVine Chardonnay Conditioner (R186) is ’n romerige kruiebehandeling wat jou hare bevogtig en help om koeke te verwyder. Dit voed ook jou hare en laat dit lekker sag voel.

Verbruikersgids:

Hask is beskikbaar by Clicks-winkels landwyd.
TheraVine: Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.