Ansu Visser se blog: Tweedehandse klere

Foto’s: Mila Guy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is hierdie nuwe trend om tweedehandse klere te koop en te dra. Dit gee jou outomaties die idee van oorspronklikheid en individualiteit wat ons meestal in die kommersiële kleremark mis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het nooit tweedehandse klere gekoop omdat dit ’n trend is nie. Ek het dit gedoen met die idee dat dit byvoorbeeld ’n toppie is, ek daarvan hou en dit wil hê, maak nie saak waar dit vandaan kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om tweedehandse klere te koop neem my terug na die swart sak vol weggooiklere wat vir my gewag het wanneer ek by die huis sou kom. Die enigste verskil is, hierdie keer betaal ek vir tweedehandse klere waar ek dit voorheen verniet gekry het (een klein negatiewe aspek). Maar met weggooiklere hou ek miskien van een ding, terwyl ek met tweedehandse klere presies weet wat ek koop en daar is ’n 100% kans dat ek daarvan sal hou.

Maar wag, voor ek te diep raak (so diep dat ek myself oorreed om nooit weer tweedehandse klere te koop nie of voordat jy begin dink hierdie is my anti-thrift-veldtog). Ek is mal oor tweedehandse klere: om dit te soek en uiteindelik iets te vind wat niemand anders het nie. Ek neem aan dit is ook hoekom mens daarvoor betaal? Dit wat 20 jaar gelede in die mode was, is terug en jy kry dit nêrens anders nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie lieflike dungaree (of soos google translate sê, “stof grof”) is ’n goeie voorbeeld van hoekom ek geld op tweedehandse klere spandeer.

Ek het dit nog nooit in enige winkel gesien nie en daarom het ek geen vrees dat ek iemand gaan raakloop wat dit ook aanhet nie (nota: ons moet oor die verleentheid van hierdie oomblikke kom …) en dit was glad nie duur nie. Ongewoon, want unieke goed is geneig om te duur te wees.

Die ander lekker ding van tweedehandse klere is dat dit gewoonlik uit winkels kom wat geheime juwele is. Ek het dié lieflikheid gevind by die tweedehandse winkel @assebliefvintage by die Neighbourgoods Market in Braamfontein.

So, al is dit 100% goedkoper om jou tweeedehandse shopping by ’n gratis swart sak te hou, is dit eenvoudig ’n moet om ook uit te haal en te wys.

Plekke waar ek thrift

  1. Asseblief Vintage
  2. Wear it Again: Klik hier om te sien wat ek al voorheen daar gekoop het. of hier om hulle beter te leer ken
  3. Vintage Lover
  4. Harvest SA: Klik hier om te sien wat ek al by hulle gekoop het of hier om hulle beter te leer ken
  5. I Bought A…: Klik hier om te sien wat ek al by hulle gekoop het

Jy kan nou self sien, tweedehandse klere is ’n moet. Nou dat ek vir jou plekke gewys het waar om te gaan kyk, vind en koop, kan jy sommer vandag al begin shop.

As jy ooit ’n plekkie in Johannesburg soek wat intiem, lekker en pret is én gin verkoop (nie net met tonic nie) besoek TONIC in Linden. Hulle het “good vibes” heeldag, elke dag.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.