kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

’n Klottervrye huis

Deur: Elandrè Swart en Cornel Dunn. Hooffoto:nito100/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het nie gereedskap nodig vir hierdie taak nie – net vyf houers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Pak weg

Hierdie houer is vir items wat nie op die regte plek is nie, soos pille wat nie in die medisynekassie teruggesit is nie, of komberse wat nie ná die winter in die linnekas teruggepak is nie.

Lees ook: Stoor jou klere reg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Herwin

Hierdie houer is vir items wat herwin kan word, soos glas, plastiek of papier.

Lees ook: Jy kan tuis herwin

  1. Maak reg

Ons almal het ’n kledingstuk of twee wat nie meer so mooi pas nie, maar wat in die kas bly lê en nie vir verstelwerk geneem word nie. Sit dit in hierdie houer sodat jy weet dit moet verstel word.

Lees ook: 5 praktiese doen-dit-self-modewenke

  1. Weggooi

Gebruik dié houer vir rommel wat in jou huis rondlê.

Lees ook: Gooi weg en ruim op

  1. Donasie

Dink aan iets soos klere wat jy lank laas gedra het, of wat dalk nie meer so lekker pas nie, maar wat wel geskenk kan word.

Lees ook: 16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar

Yuri_Arcurs/istock images

Waar om te begin

Badkamer

Raak ontslae van medikasie wat die vervaldatum bereik het, en grimeer- en velprodukhouertjies wat amper leeg is.

Lees ook: Skep ’n droom-badkamer

Waterbesparingswenke vir jou badkamer

Kan ek skoonheidsprodukte in my badkamer stoor?

20 wenke vir ’n nuwe badkamer

Slaapkamer

Begin by die bedkassie en verwyder enigiets wat nie daar hoort nie, soos boeke wat jy klaar gelees het. Sit skoene wat rondlê in jou wegpakhouer en bêre dit op die regte plek.

Lees ook: Die opruim-aanval

10 hekelpatrone vir jou slaapkamer

Hou jou matras skoon

Klerekas

Die maklikste manier om jou klerekas reg te pak is om met een soort item te begin. Begin byvoorbeeld met jou skoene, en raak ontslae van oudmodiese en deurgeloopte skoene. Winterklere kan weggepak word tot volgende seisoen, en enigiets wat gewas moet word, kan dadelik in die wasmandjie gesit word. As iets reggemaak moet word, sit dit in jou regmaakhouer.

Enige item wat jy nie die afgelope ses maande gedra het nie omdat dit dalk nie meer jou styl is nie, kan in die donasiehouer gepak word.

Lees ook: Organiseer jou handsak soos Marie Kondo

Kombuis

Dis moeilik om ’n kombuis klottervry te hou. Die beste manier om jou kombuis reg te ruk is ook om met een item op ’n slag te begin. Maak al die kaste leeg sodat jy alles kan sien en pak terug wat jy wil hou, en gooi weg wat jy nie meer nodig het nie.

Sitkamer

’n Sitkamer is die vertrek wat die meeste gebruik word in ’n huis én dit het die minste bêreplek. Om seker te maak jou sitkamer bly netjies, moet alles ’n plek hê. Mandjies vir is ’n goeie wegpakoplossing.

Lees ook: 10 maklike wenke vir ’n Feng Shui-huis

Bestee jou tyd reg

As jy net een dag het

Kies ’n kas in jou huis, soos jou linne- of koskas. Pak alles uit en kies wat gehou moet word en wat dalk weggegee kan word.

As jy net een uur het

Kies ’n rommellaai wat jou lankal pla.

As jy net 10 minute het

Vat ’n sak en loop deur jou huis en sit tien items waarsonder jy kan lewe daarin. Dink vinnig en sit die sak uit die pad uit en los vir ’n week of twee. As jy nog nie teruggegaan het na die boks om iets te gebruik nie, kan jy maar van die items ontslae raak.

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

26 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.