kategorieë: Ons menseBekendes

Rolene wil inspireer met haar album vol lewenslesse

Rolene wil inspireer met haar album vol lewenslesse deur Zoë Salzwedel. Hooffoto deur Marnus Meyer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Buiten haar titels as Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld in 2014, het Rolene ook in 2017 haar MBChB-graad in Geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Dié skoonheidskoningin, ma en sakevrou hoop om te inspireer met haar nuwe projek en gesels-album, Secrets to My Growth.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie projek is egter nie al waarmee dié voormalige skoonheidskoningin, wat in Volksrust grootgeword het, besig is nie. Sy het ook vroeër vanjaar ’n holistiese gesondheidsentrum, RevitaHealth, op Val de Vie-landgoed in die Paarl saam met haar skoonsus, Dr Ledivia Strauss, oopgemaak. Alhoewel sy nie by die kliniese aspekte betrokke is nie, is sy wel baie betrokke in die sake-aspek van die nuwe onderneming.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rolene is verder ook die voorsitter van The Strauss Foundation, ’n nie-winsgewende organisasie wat probeer om ’n positiewe verskil in die samelewing te maak deur gesondheid, opvoeding en liefdadigheid te bevorder. Die instansie is in 2016 deur Rolene en haar man, D’Niel, en hulle onderskeie families op die been gebring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat was die motivering agter die album Secrets to my growth? Hoe het jy op die konsep besluit?
Secrets to My Growth is geskryf en opgeneem met die doel om die dinge wat ek al in die lewe geleer het, deur omstandighede of mentors, met ander te deel.  Ek glo dat daar soveel foute is wat ’n mens nie noodwendig hoef te maak nie, maar liewer daaroor by iemand anders kan leer. Secrets to My Growth bestaan uit die dinge wat ek met my jonger self sou wou deel en eendag met my kinders gaan deel.

Wat het jy die heel meeste geniet van dié nuwe projek?
Omdat die projek ’n groot en nuwe uitdaging was, het ek dit vreeslik baie geniet. In Suid-Afrika is daar nog nie ’n “spoken word”- album vrygestel nie. Dit was verfrissend om die lesse wat ek al geleer het bymekaar te kon sit en so terug te kyk na alles wat ek reeds bereik het, waar ek vandaan kom en hoe ek self al gegroei het. Ek sien natuurlik baie daarna uit om te sien hoe dit ander se lewens aanraak – dit is immers die doel wat ek met Secrets to My Growth het.

Die Spoken Word-genre is baie gewild oorsee en word beskryf as digkuns vir lewendige optredes. Secrets to my growth is een van die eerste pogings wat plaaslik aangewend word om ’n album in dié styl uit te bring. As baanbreker op die gebied, wat was vir jou die uitdagendste deel van die projek?
Die uitdagendste deel van Secrets to my Growth was juis dat ons plaaslik die eerste poging aangewend het om só ’n album vry te stel. Ons het niemand gehad om by te leer nie, en ook nie presies geweet hoe om die projek aan te pak nie. Die skryf van die album was nie uitdagend nie en behalwe vir die deel waar ek gesing het en heeltemal buite my gemaksone was, het die opname van die album ook beter afgeloop as wat ek verwag het.  Die uitdagenste deel was om die perfekte “underscore” (agtergrondmusiek) vir elke snit te kry. Op die ou einde, na vele meningsverskille, het ons besluit om iemand te kry wat die agtergrondmusiek spesifiek vir elke snit skryf – net soos wat jy die agtergrondmusiek vir ’n Disney-fliek laat skryf.

Foto deur Marnus Meyer

Watter boodskap wil jy graag met die album aan jou aanhangers en volgelinge oordra?
Daar is 14 snitte op die album en elke snit het ’n ander boodskap wat ek graag wil oordra. Die eerste snit is ’n inleidingssnit en verder het elke ander snit ’n ander tema waar ek ’n bietjie van my lewensstorie vertel – dit wat ek al uit die lewe geleer het en in sommige snitte deel ek ook ’n paar praktiese wenke. Een van die boodskappe is dat ’n mens wel kán verander, en ek deel graag die dinge wat my lewe verander het met ander. Ek sal so graag met elke persoon wou gesels en dit persoonlik met hulle deel, daarom is Secrets to My Growth ideaal, en kan ek verskeie mense op ’n groter platforum aanraak.

Hoe sou jy jou ervaring en die maak van ’n album beskryf?
Die ervaring was beslis uitdagend, maar ook opwindend! Dis die eerste groot projek, buiten die opening van ons gesondheidssentrum  (RevitaHealth) wat ek aanpak nadat ek Mej. Wêreld was en my mediese studies voltooi het. Dit was vir my lekker om aan iets nuuts te werk. Dit is selfs na die produksie van die album steeds vir my uitdagend omdat ek nog nie weet wat die mense se gevoelens daaroor gaan wees en hoe die album aanvaar gaan word onder die publiek van Suid-Afrika of internasionaal nie. Ek deel verskeie persoonlike stories, en dit voel amper soos ’n babatjie wat ek in die wilde wêreld instuur. Ek is wel steeds opgewonde oor die moontlike impak wat die album kan hê, aangesien die doel daarmee is om lewens aan te raak. Indien ek ’n impak op net een persoon se lewe kan hê, sal dit alles die moeite werd wees.

Wat is jou droom vir die album – wat hoop jy om te bereik?
My droom vir die album is om mense se lewens aan te raak. ’n Verdere droom is ook om op hierdie album voort te bou. Ek het ’n hele paar dinge in gedagte wat ek in die toekoms sal wil doen, maar ek is definitief passievol hieroor en mense kan gerus my platforms dophou vir meer inligting.

Volg Rolene op Sosiale Media: facebook, Instagram, en haar webwerf

As jy Secrets to my growth in een sin moes opsom, wat sou dit wees?
Secrets to my Growth is vol stories, persoonlike verhale, lewenslesse wat ek reeds geleer het en praktiese wenke wat ek met ander wil deel.

Foto deur Marnus Meyer

SECRETS TO MY GROWTH kan nou bestel word by: https://inhoudhuis.lnk.to/RoleneStrauss

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.