kategorieë: Ons menseBekendes

Sosiale Media-influencers onder 25: Koelkat Katinka!

Sosiale Media-influencers onder 25: Koelkat Katinka! deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Katinka Oosthuizen, Instagram

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In ons nuwe reeks Sosiale Media-Influencers onder 25 gaan ons met ’n paar van Suid-Afrika se gewildste, invloedrykste en snaakse influencers onder 25 onderhoude voer. In ons eerste artikel in dié reeks gesels ons met die uiters gewilde Katinka Oosthuizen. Dié blonde bom is nie net mooi nie, maar boonop nog slim en snaaks ook! Katinka het hope ambisie, wilskrag en beslis ’n kop vir besigheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel vir ons van #Katinkaseklerekas. Wat het jou geïnspireer om jou eie klerereeks te ontwerp? En waar kom jou idees vir dié reeks vandaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het ’n groot liefde vir mode! Ek kan dikwels nie die soort klere waarvan ek hou in winkels opspoor nie, en ek kry ook gereeld navraag by volgelinge oor waar ek mý klere koop. Toe besluit ek om my eie klerereeks te ontwerp. Ek geniet dit vreeslik en ek wil #Katinkaseklerekas graag uitbrei.

Ek kry my inspirasie by die Instagrammer Chiara Ferragni. Chiara inspireer my om hard te werk en om self made te wees, en boonop is haar styl iets besonders. Ek is ook mal oor klere wat maklik dra en op of af-gedress kan word. En dit is presies wat jy by #Katinkaseklerekas gaan kry – iets wat jy lank kan dra, en klere wat heelwat komplimente gaan uitlok!

#Katinkaseklerekas:

Chiara as inspirasie:

Verduidelik vir ons wat die verskil is tussen jou Golden Olden Finds-reeks en #Katinkaseklerekas.

Ek ontwerp #Katinkaseklerekas se klere self, en Golden Olden Finds is tweedehandse klere van ’n winkel wat ek help bevorder.

Jy is gedurig besig met ’n nuwe projek – van fotografie tot jou jongste klerereeks. Wat is vir jou die lekkerste van jou lewe as entrepreneur? En wat is jou raad aan jongmense wat hulle as entrepreneurs wil vestig?

Ek kan glad nie stilsit nie, so ek moet besig bly anders raak ek van my deurmekaar koppie af! (Haha! ☺)

Ek is mal daaroor om independent te wees, hard te werk en die vrugte daarvan te pluk. Almal in my familie is hardwerkend en dit inspireer my elke dag om ook hard te werk sodat ek my ouers kan uithelp en hulle nie oor my ook hoef te stres nie.

Die deel van entrepreneur-wees wat ek die meeste geniet, is om aan nuwe idees te dink, en dan die proses aan te pak sodat die idees kan realiseer. Dit is vir my regtig cool dat ek ook ’n influencer is, want ek kan my groot platform van volgelinge gebruik en my idees aan hulle bekend stel. En as hulle my ondersteun, is dit net nóg cooler! My raad aan jongmense is om te glo in wat jy doen en om raad van ouer mense te aanvaar – dit help nogal regtig baie!

Fotograaf-Katinka

Katinka Productions:

Agter-die-kamera-Katinka:

Jy het bekendheid verwerf toe jou snaakse video, Olga die Pliggie, soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het. Hoe ervaar jy die rush van sosiale media? En hoe voel jy as iemand jou dalk op straat herken as #KatinkaDieKat? Voel jy al soos ’n regte celeb?

Die rush van sosiale media is presies soos die woord dit beskryf: ’n rush! Jy trend soms dalk net vir ’n baie kort tydjie en skielik verdwyn jy tussen al die ander duisende mense wat ook kan doen wat jy doen. So dit is vir my vreeslik lekker en baie motiverend om vir daardie vlugtige sekonde in die kollig te wees, maar as jy val, val jy hard. So ek moet myself elke dag daaraan herinner om content te bly en om my nooit as ’n bekende te sien nie.

As iemand my op straat herken, voel dit soos familie – ek waardeer dit verskriklik baie, want hulle is die mense wat my aan die gang hou. Dis daardie mense wat my ondersteun, en dit is vir my so lekker om die mense te ontmoet wat my sin vir humor geniet en verstaan.

Act Natural”:

Verwagtinge vs die werklikheid

Olga die Pliggie:

Jy het al meer as 68 000 volgelinge op Instagram. Wat geniet jy die meeste van jou volgelinge, en wat is vir jou die lekkerste deel van jou werk as sosiale media-influencer?

Ek kan dit nou nog soms nie glo nie! Ek besef net elke dag watter invloed ek op mense het, en dit maak elke nuwe dag fantasties. Dit voel steeds soms ’n bietjie onwerklik en ek kan nie glo dat soveel mense werklik in my lewe belang stel nie. Vir my is die lekkerste deel van influencer wees om soveel mense bloot te stel aan amper elke faset van my lewe. Dit maak my volgelinge 150% deel van my lewe, en om my fans te ontmoet is werklik ’n hoogtepunt en ’n seëning. Dis soos om elke dag nuwe maatjies te maak!

Watter boodskap wil jy graag aan jou volgelinge oordra?

Ek wil graag vir al my volgelinge sê: Lewe vir Jesus. Wees net jouself! Respekteer ouer mense, wees lief vir jouself, staan op vir dit waarin jy glo en onthou: die lewe is ’n fees!

Die jaar staan einde se kant toe. Hoe voel jy oor 2018 tot dusver? Sou jy iets anders wou doen?

Dié jaar was letterlik een van my grootste jare  – van aan Survivor deelneem, tot om tydskrifartikels oor myself te lees, my kêrel te ontmoet en my eie webwerf bekend te stel. Ek kan nie genoeg dankie sê vir Liewe Jesus dat Hy my met soveel verantwoordelikheid geseën het nie. Ek wil net vir Hom lewe en sonder God is niks moontlik nie! Ek sou absoluut niks verander nie! Alles het gebeur soos wat dit veronderstel was om te gebeur.

Katinka was op 19 die jongste Survivor-deelnemer nóg:

Is jy tans besig met ʼn nuwe projek waarna ons kan uitsien?

Hou jou televisie dop! ☺

In ons laaste onderhoud met jou het jy genoem dat jy iemand spesiaals in jou lewe het, maar nog nie daaroor wil praat nie. Intussen het ons al baie van Braam Weyers op jou Instagram-profiel gesien, en kan ons nie genoeg kry van julle twee nie. Waar/hoe het julle mekaar ontmoet? En vertel vir ons ‘n bietjie meer van Braam!

Ah, my liefste Braam! Hy is beslis ’n groot seëning in my lewe. Al verskil ek en Braam soos dag en nag hou ons morele waardes en ons liefde vir Jesus ons bymekaar. Ek sê elke dag vir Liewe Jesus dankie dat Hy vir my Braam as ’n beste maatjie gestuur het. Hy is my rusplek ná ’n lang dag van hard werk en weet beslis hoe om die beste koppie koffie te maak – en ’n bonus is dat hy ook glad nie lelik is om na te kyk nie!

Ek en Braam het mekaar in Mei vanjaar by die iALA-gapjaarprogram op Stilbaai ontmoet.

Ek moes vir hulle ’n advertensie skiet deur my produksiemaatskappy (Katinka Productions) en hy is die hoofinstrukteur by dié avontuurprogram. Dit was so ’n ewekansige ontmoeting, maar ek het DADELIK geweet dat hy “die een” is. Ons was albei maar vreeslik skaam rondom mekaar, maar kon nie van mekaar af wegbly nie. Ek wou net in sy teenwoordigheid wees. Twee dae later het ek toe ’n e-pos van Braam ontvang en BOOM! hier is ons vandag!

#Instagramofficial:

Prentjiemooi:

Oe, die liefde:

Wat is jou motto in die lewe?

My motto is “If you don’t stand for something (God), you will fall for everything.

En ook “It’s cool to be kind!

Hou jy waarvan jy sien?

Gaan volg gerus vir Katinka Oosthuizen op haar verskeie Instagram-profiele: @katinkadiekat_official, @katinka_productions, @katinkaseklerekas; op facebook, en haar YouTube-kanaal:

Lees ook Ilse Salzwedel se artikel met Katinka in die Oktober-uitgawe van die rooi rose.

Wie dink jy gaan in die volgende artikel van ons Sosiale Media-influencers onder 25-reeks verskyn?
Hou gerus dop!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

13 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

21 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

22 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.