kategorieë: Blogs

Koebaai September, koebaai!

September was nog nooit vir my ’n lekker maand nie. Kortom, ek hou nie van September nie. Kleintyd pluk ons op Lentedag halsstarrige bloeisels in die gietende reën. Later bibber ons in geblomde rokkies terwyl ons in Worcester se kerksaal vir tranerige ou tannies sing:
“Liefste Tannie, ons bring rosies. . .”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op universiteit is die September-vakansie te kort om die jaar se werk in te haal. Heelwat later, op 11 September 2001, staan die wêreld verstom as twee vliegtuie en ’n hand vol terroriste die Twin Towers verwoes en die koers van New York, Amerika, die wêreld en elkeen van ons vir ewig verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar dis ná verlede naweek wat ek finaal weet: daar’s iets aan September. . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gesiggie van die vreesbevange kleinding wat Saterdagoggend na die sinlose inval van die inkopiesentrum in Nairobi, Kenia in die gang na veiligheid hardloop spook by my. Teen middagete kom die sms: Broer, skoonsuster en kleine Cara veilig tuis in Nairobi. Dank Vader, dink ek.

Sondagoggend probeer ek en Mamma in ons gebruiklike vroegoggend-gesprek oor koeitjies en kalfies praat. Skielik kry nie ek of sy ’n woord uit nie. “Ek het nog nie my hormone gedrink nie,” skerm sy, haar moederhart by haar en ander se kinders in Kenia, oë vasgenael op die internasionale nuuskanaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Weltschmerz,” skryf skoonsus Louisa later uit Nairobi op Facebook. “Dié Duitse woord beskryf dinge hier nou die beste.” Ek Google om beter te verstaan. Want Weltschmertz, sê Wikipedia, is (onder meer) “the psychological pain caused by sadness that can occur when realising that someone’s own weaknesses are caused by the inappropriateness and cruelty of the world and (physical and social) circumstances”. Die wêreld pyn. Dis September, dink ek.

Tuis vier ons Erfenisdag terwyl die braaivleisvure brand en die middel-van-die-week vieringe kasregisters laat klingel. My binneste is omgekrap. Ek tel die dae. . . Nog vier slapies September, net vier. Dan’s dit koebaai, koebaai tot volgende jaar.

Arme September, sê Manlief later. “Ek voel skoon jammer vir hom.” Of is dit haar? En ek? In my kop hoor ek C.Louis Leipoldt praat:

Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.
Dit is die maand Oktober . . .

Tot volgende week, in Oktober.

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.