kategorieë: KersfeesGebakKos

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karamel met sout

  • 200 g suiker
  • 60 ml (¼ k) water
  • 80 ml (1⁄3 k) dubbelroom
  • 50 g botter, in blokkies gesny
  • 2,5 ml (½ t) seesout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koek

  • 250 g botter, in blokkies gesny, plus ekstra
  • 250 g donkersjokolade, in klein stukkies gebreek, plus ekstra skaafsels vir die voorsitslag
  • 150 ml aangemaakte espresso of sterk koffie
  • 225 g bruismeel
  • 250 g strooisuiker
  • 250 g bruinsuiker
  • 30 ml (2 e) kakao
  • 100 ml karringmelk
  • 4 eiers, geklits

Sjokolade-ganache

  • 200 g donkersjokolade, in klein stukkies gebreek
  • 200 ml dubbeldikroom

Metode

Karamel

  1. Verhit die suiker en water versigtig in ’n groot kastrol. Skud die kastrol liggies in die rondte tot net gesmelt – moenie roer nie.
  2. Verhoog die hitte ’n bietjie en laat prut – Skud die pan heeltyd liggies in die rondte totdat die karamel baie donker en goudkleurig is.
  3. Haal die pan af en klop die room en botter vinnig maar versigtig in tot glad, klop dan die sout in. Laat afkoel. (indien jy die karamel vooraf maak, hou dit in die yskas maar laat dit eers weer kamertemperatuur bereik voor jy dit gebruik. Jy kan dit tot 2 dae vooruit maak.)
  4. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer en voer 2 ronde 23 cm-koekpanne uit.
  5. Sit die sjokolade met die botter, koffie en ’n knypie fyn sout in ’n kastrol. Smelt oor lae hitte tot mooi gemeng.
  6. Meng die meel, suiker en kakao in ’n groot mengbak tot goed gemeng.
  7. Klop die karringmelk by die gesmelte sjokolademengsel in en voeg die geklitste eiers by.
  8. Meng goed by die meel en-suikermengsel in.
  9. Skep die mengsel in die pannetjies en bak vir 75-85 min. tot gaar of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die panne afkoel en keer op ’n afkoelrak uit om heeltemal af te koel.

Sjokolade-ganache

  1. Sit die sjokolade in ’n bak. Gooi die room in ’n kastrolletjie en verhit oor matige hitte.
  2. Haal af net voor dit begin kook en gooi dit oor die sjokolade (moet nooit die sjokolade by die room voeg nie – dit sal skroei.)
  3. Laat die mengsel vir ’n minuut rus en roer dan met ’n houtlepel tot dit heeltemal saamgekom het. Laat die ganache tot kamertemperatuur afkoel.
  4. Gooi ’n paar eetlepels van die karamel oor die koek – dit kan dalk nodig wees om die sjokolade effens te verhit voor jy dit oorgooi. Plaas die ander koeklaag bo-op en druk liggies vas.
  5. Klop die afgekoelde ganache vir 3-5 min. met ’n elektriese menger of ballonklitser tot lig en donsig. Smeer die ganache bo-op. Sit dadelik voor.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

16 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

19 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

20 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

20 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

22 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.