kategorieë: VelsorgSkoonheid

Koel af met ’n watersproei

Die jongste trend in skoonheid, genaamd thermal waters, is nie doodgewone kraanwater wat mooi verpak is nie. Hierdie water kom uit natuurlike bronne en is propvol minerale.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gebruik só jou watersproei om af te koel

• Bêre dit in die yskas voor gebruik – dit sal die botteltjie laat afkoel en die water ekstra koud maak.
• Gooi jou sproeibotteltjie in jou strandsak en koel daarmee af op die strand.
• Gebruik dit om af te koel na ’n lang dag in die son. Die water is hidrerend vir die vel en sal jou sonbrand streel.
• Spuit jou watersproei aan en sit voor die lugreëling om af te koel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ander gebruike vir watersproei

• Dit bied ’n strelende effek op ’n uitslag van skeer vir mans en dames.
• Herstel hidrasie na ’n lang vlug – dit sal jou boonop lekker vars en verfris laat voel.
• Gebruik dit vir dadelike verligting op jou baba se boude na ’n doek-uitslag
• Gebruik dit deur die dag om jou vel gehidreerd te hou, veral wanneer jy heeldag onder ’n lugverkoeler sit wat jou vel potensieel kan uitdroog.
• Gebruik dit as ’n “setting spray” bo-oor jou grimering – veral as jy hou van ’n stralende gelaat. Die water absorbeer enige droë poeiervlokkies.
• Gebruik dit as ’n tonikum eerste ding in die oggend vir ’n varser vel en om wakker te word.
• Dit streel ’n droë en jeukerige vel.
• Gebruik op velkondisies soos ekseem en dermatitis vir verligting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons sê, probeer:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

21 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.