‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En tydens die afgelope 13 episodes van kykNET se gewilde koswerklikheidsreeks, Kokkedoor: Vuur & vlam was dit juis die braaigedeelte wat kykers verstom gelaat het oor wat alles werklik met vuur in alle vorme aangevang kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar was wel dae waar die sonskyn min en die wind woelig was, maar die braaiers en vuurkokke het vasgebyt en verstommende disse gelewer – geregte wat so goed was dat dit selfs die glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha tjoepstil gehad het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In 2023 het die Kokkedoor-reeks dié eerste keer dié rigting ingeslaan sedert kykers in 2013 met Kokkedoor kennis gemaak het.

Die Kokkedoor-sirkel is oor die jare al hoe groter gemaak met, onder meer, Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie wat geurryke vermaak en inspirasie aan oud en jonk verskaf het.

Die eerste Kokkedoor: Vuur & vlam-seisoen in 2023 is deur onthoubraaier Karen Els van Malmesbury en kinkelbraaier Gert Joubert van Jeffreysbaai gewen.

Net soos met die vorige seisoen, is daar letterlik vuur gemaak onder tradisionele gunstelinge wat vermeng is met talle kinkels om dit ’n nuwe braaibaadjie aan te trek. Die 20 deelnemers het nie op hulle laat wag nie, maar uiteindelik kon net een span koning kraai.

Wat die kraai nog lekkerder gemaak het, is die prysgeld van ’n volle R1 miljoen!

Die wenners

Lourens Engelbrecht (37), ’n vryskutsjef van Pretoria, het vroeg reeds in die reeks gewys hy kan geure ontwikkel. Sy onthoubraaier-spanmaat Johan de Villiers (30), die operasionele bestuurder van ’n familieplaas, Klein Roosboom in Durbanville, het hom baie goed aangevul en die temperament onder vuurwarm omstandighede koel en kalm gehou.

Daai Goue Haan

“Dis werklik ’n onbeskryflike gevoel om die Goue Haan te kon lig, maar ook die beste gevoel omdat ons twee so hard gewerk het vir daai oomblik! Daar is net iets van Johan se persoonlikheid, binne en buite die kombuis, wat mense aanlok na hom toe,” loof Lourens sy spanmaat.

Ja, erken hy, hulle het ook maar hul oppe en awwe in die kombuis gehad en hulle moes harde klippe kou om die eindronde te haal, maar vir hom sal hierdie wen altyd die hoogtepunt van sy sjefloopbaan wees.

Op sy beurt verklap Johan dat hy nooit as te nimmer homself in die eindronde gesien het nie.

“Om dit saam met iemand soos Lourens te kon deel, maak dit net soveel meer spesiaal. Die gevoel om saam as wenners te staan ná daai laaste vuur het my trots gemaak – op ons harde werk, die opofferings en die reis.”

Lekkerkry so tussen die swaarkry deur

Vir Lourens en Johan was die vriendskappe wat met die deelnemers en die produksiespan gesmee is, beslis een van die lekkerste aspekte van die reeks.

“Dit was kosmaak met passie en adrenalien. Wat meer wil ’n mens hê?” kom dit van Johan.

“Al die uitdagings was crazy cool! En ons het so baie geleer van die vuurkultuur – plaaslik as ’n braai, maar ook hoe ander kulture wêreldwyd die kole inspan,” sê Lourens.

Lees ook: Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

Watter uitdaging het die wenners hoofbrekens gegee?

“Die fyngebak/melktert-uitdaging is heel boaan die lys. Dis iets wat ek nooit gedink het van ons verwag sou word nie, en ook iets wat ek nog nooit gedoen het nie,” kom dit van Lourens. Hy erken die halfeindronde met sjef Jess van Dyk (sjef en eienaar van die Post & Pepper-restaurant, Stellenbosch) as gas, was ook moeilik.

Vir Johan het dit in die laaste uitdaging gelê, want benewens die families wat kom kuier het, was daar baie goed wat in die kombuis moes gebeur, en die tyd was skraps.

“Ons het die spyskaart propvol gelaai omdat ons wou wys ons kán, maar dit het die druk net soveel hoër gemaak.”

Hoe dit ook al sy, hierdie was vir die twee braaiers ’n ware toets van spanwerk, fokus en uithouvermoë.

Is daar enige lesse uit die reeks geleer?

Johan sê hy het besef hy kan mense se energie goed lees. Dit help hom om kalm te bly en logiese besluite te neem. Hy’t ook geleer dat dit heeltemal in orde is om meer vertroue in homself te hê.

Lourens vertel hy’t aanvanklik gedink dis bloot net ’n braaikompetisie, maar aan die einde was dit soveel meer. Op persoonlike vlak het hy geleer watter soort man hy vir sy gesin en homself wil wees, asook watter tipe sjef hy in die kombuis wil wees.

“Ek het ook besef dat ek regtig nie so hard op myself hoef te wees nie en om net so ’n bietjie te let go van die verlede en meer te leef en kook vir die toekoms.”

Lees ook: Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Die pad vorentoe

Lourens gaan aanhou as ’n vryskut-sjef op van die land se mooiste wildsplase, en hy is vas van plan om meer oopvuurtegnieke toe te pas na aanleiding van dit wat hy tydens Kokkedoor: Vuur & vlam geleer het.

Pretorianers moet ook op die uitkyk wees vir ’n paar lang tafels of opwipgeleenthede waar mense van sy disse kan geniet. En, sê hy, daar is dalk ook ’n melktert wat in die pizza- of Ooni-oond gemaak is, op die spyskaart.

Johan is ongelooflik opgewonde oor wat nou voorlê. Hulle het reeds by Klein Roosboom weggespring met braaigeleenthede wat tot en met Erfenisdag op 24 September vanjaar aangebied gaan word.

“Ek wil ook inhoud begin skep rondom kos, vuur en die lewe. Ek dink al die geleenthede gaan nou eers begin kop uitsteek.”

Wees op die uitkyk vir Kokkedoor: Son & see met die glanssjef Herman Lensing en restaurateur Yolani Abrahams wat op Kokkedoor: Vuur & vlam volg. Die deelnemers moet familie wees – en dit gaan beslis amok in die hoenderhok veroorsaak. Kokkedoor: Son & see sal November/Desember op die kykNET-spyskaart wees met R500 000 op die spel vir die wenspan.

Lees ook: Die Kwiksilwers is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.