kategorieë: Blogs

Kom ek maak vir jou …

Jy is nie veronderstel om tee te drink met jou pinkie in die lug nie. Altans, só lees ek op die Internet. En net daar word ek weggevoer na ‘n ander era, toe jou wellewendheid gemeet is aan die gehalte van jou teestel, die delikaatheid van jou komkommertoebroodjies, en die elegansie waarmee jy tee in daardie byna-deurskynende koppies sou skink. Natuurlik terwyl jy ag slaan op die manier waarop die lig deur die vensters val en die beste kant van jou Engelse roos-gelaat na jou gaste draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag los ons die teesakkie sommer in die beker terwyl ons gou ‘n e-pos stuur, trek dan ‘n gesig oor dit te sterk is, gooi ekstra suiker by (dit help altyd) en gryp ‘n beskuit voor ons ons weer by ons werk bepaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tee, vermoed ek, is soos ‘n aanpasbare vrou. Afhangende van die omstandighede kan sy aards wees, sonder pretensie, of sjiek en gesofistikeerd. Sy het ‘n groot verskeidenheid pasmaats, van bruinbrood en konfyt tot die fynste confiserie. Sy voel tuis in enige geselskap. En wat hoor sy nie alles tydens kuiers om ‘n teepot nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek assosieer Ceylontee altyd met Brittanje. Die Britte is sedert die 18e eeu een van die grootste per capita teeverbruikers ter wêreld, met ‘n gemiddeld van 1.9 kg teeblare per jaar. “Tea is one of the mainstays of civilisation in this country and causes violent disputes over how it should be made,” het die skrywer George Orwell gesê. Skink jy eers die tee, of moet die melk voorrang geniet? Die antwoord bly onbeslis: “Indeed in every family in Britain there are probably two schools of thought on the subject”.

Tee bevat minder kaffeïn en is dus minder verslawend as koffie, meen dié wat weet. Ek is nie so seker nie. Tee vervul eeue reeds die rol van Linus se trooskombersie. Wat sê jy vir ‘n vriendin wat by jou opdaag met ‘n gat in haar hart? “Kom ek maak vir jou ‘n lekker koppie tee.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis seker hoekom ek my ma se handgeborduurde skinkbordlappies en beenporselein bly koester. Dit herinner my aan haar fyn ingesteldheid, haar liefde vir mooigoed en haar wellewendheid. Maar meer as dit onthou ek haar liefde.

As ek hartseer of moeg was, het sy dit onmiddellik aangevoel en vir my tee gemaak. Sommer in die koppie waarop sy eerste haar hande kon lê. Terwyl die ketel kook, het sy uitgehol tuin toe. En wanneer ek my troostee kry, was daar ‘n blommetjie in die piering.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.