kategorieë: Wenke

Voed jou vel met olywe

Het jy geweet olywe en veral ekstra suiwerolyfolie bevat nie net gesondheidsvoordele vir jou dieet nie, maar ook vir jou vel. Dit is veral bekend as beskermer teen vrye radikale en sommige leefstylverwante siektes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bekende olyf-vervaardiger, Olyfberg, se nuwe reeks skoonheidsprodukte is versagtend, vernuwend en strelend vir jou vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het die reeks getoets en die resultate was asemrowend. Daar is vier nuwe produkte, naamlik:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Handgemaakte olyfolie-seep

Olyfolie sus die vel op ’n natuurlike manier en laat dit sagter. Dié seep reinig en voed die vel, terwyl dit verdere droogheid en afskilfering voorkom. Dit dien ook as anti-oksidant wat die vel teen veroudering beskerm terwyl dit terselfdertyd aknee beperk en ongewenste vlekke verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Olyf-en-Kigelia-lyfbotter

Die sagte lyfbotter, liggroen soos olywe, word gemaak van ekstra suiwerolyfolie verweef met Kigelia-ekstrak (afkomstig van die Kigelia Afrika-boom, ook bekend as die Afrika-worsboom). Dit bevat geen kunsmatige kleurstowwe of chemikalieë nie. Dis ideaal vir die verligting van sonbrand, ekseem, psoriase, insekbyte, ’n uitslag en selfs ligte brandwonde.

Gesig-en-lyfroom

Kigelia, olyfolie en avokado word vermeng om ’n room te skep wat ideaal is vir sensitiewe vel.

Strelende Kigelia jel

Die jel bevat Kigelia-ekstrak en is spesifiek geformuleer om meer ernstige vel-irritasies soos ekseem en psoriase te kalmeer. Indien dit drie keer per dag aangewend word, kan dit ook sonbrand vinniger laat herstel.

Besoek Olyfberg se webblad hier.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.