kategorieë: Reis

Kom smul aan die Dordogne

In die hartjie van Frankryk, langs die Dordognerivier, is ‘n sjarmante 13de eeuse kasteeltjie vanwaar jy die omgewing kan kom verken – die ryk geskiedenis, kultuur en ja! die onvergelyklike gastronomie – sonder om self ‘n vinger te lig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wilna Wilkinson, ‘n Pretorianer wat jare gelede Frankryk toe is om te gaan soek waar haar Hugenotevoorouers vandaan gekom het en toe so lekker tuisgevoel het daar dat sy sommer daar ingetrek het, is die eienares van Chateau Lalinde (http://chateaulalinde.com)  vanwaar sy jou aan die skatte van die omgewing sal bekendstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die “Delicious Dordogne” (http://delicious-dordogne.com) ervaring is ‘n tien daglange ontdekkingsreis deur een van die pragtigste areas van Frankryk – ‘n reis wat ontwerp is om al jou sintuie te raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ervaar watertand plaaslike disse, of leer selfs om dit self te berei; volg in die voetspore van die Cro Magnon-man of stap oor die klipstraatjies van middeleeuse dorpies, en slaap snags met die geruis van die rivier buite jou kamervenster. Geniet maaltye onder die sterrehemel en snuffel deur die markies terwyl jy gepamperlang word en weet dat jy aan die einde van die tyd hernu en verkwik sal wees.

Die tien daglange ervaring teen €4 750 per persoon wat deel word aangebied tydens Julie en Augustus 2014, begin op ’n Vrydag en eindig op ‘n Maandag en sluit werklik alles in. Ja, alles behalwe jou vlug:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• vervoer van die Bordeaux Merignac Lughawe en alle vervoer tydens jou verblyf
• uitstekende en suite akkomodasie by Chateau Lalinde
• kontinentale ontbyt, middag- en aandetes by of Chateau Lalinde of ander uitgesoekte eetplekke
• alle toegangsfooie, demonstrasie-kookklasse, wynproe en uitstappies
• alle belastings

Die kleinste groep is ses en die maksimum groepgrootte is tien.

Die program word aangepas by die streek se seisoenprogram maar ervarings wat definitief in die tien dae beleef mag word, sluit in:

• ‘n Besoek aan Lascaux II, die UNESCO Werelderfenis-grotte, die ‘Sistynse Kapel’ van die oertyd
• Besoek beroemde sjefs in hul kombuise en leer by die werklike meestersjefs
• La Roc de St Christophe, ‘n stad in ‘n rotswand en La Maison forte de Reynac – ‘n kasteel in ‘n grot
• Besoeke aan beroemde kunstenaars en/of pottebakkersateljees
• LaRoque Papiermeule vir ‘n demonstrasie van papier maak
• ‘n Besoek aan ‘n wildevarkteelplaas, verbouers van okkerneutolie, bokmelkkaas en foie gras
• Die vormboom tuine van Marquessac – 150 000 bukshoutbome wat in 1861 aangeplant is
• Snuffel rond vir ‘n erfstuk – of ‘n klein geskenkie in die plaaslike antieke en vlooimarkte
• Speel petanque op die dorpsplein
• Beynac kasteel – die manjefieke kasteel waar Richard die Leeuehart die laaste tien jaar van sy lewe deurgebring het
• Proe wyn by Belingarde, tuiste van die Hertog en Hertogin van Bosredon, die plek waar Druide-offers jare gelede plaasgevind het en/of besoek Chateau de St Exupéry, tuiste van die familie van die outeur van “Die Klein Prinsie”
• ‘n Klassieke musiekuitvoering in ‘n middeleeuse kapelletjie of ‘n jazz-aand in ‘n markpleintjie

En wees daarby nog een of twee verrassings te wagte!

Ten minste een keer in jou lewe behoort jy toe te gee aan pure plesier en toe te laat dat al jou sintuie ontwaak. Slegs daarna kan jy die genot van menswees herontdek en jou lewe ten volle uitleef.

Vir die datums, inligting en besprekingsvorms, kontak Wilna Wilkinson by info@delicious-dordogne.com
Webwerf http://www.delicious-dordogne.com
Facebook : https://www.facebook.com/DeliciousDordogne

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.