kategorieë: Leef gesondGesondheid

Drankkoma: hoekom jou tiener die simptome moet ken PLUS wat as hy ‘n maat moet red

Mens kan na te veel drankies in ‘n koma gaan omdat te veel alkohol die liggaam letterlik vergiftig, net soos strignien of rotgif. As jy onder groepdruk is en daar dalk te veel gedrink gaan word, is dit goed om vooraf te weet wat die simptome van alkoholvergiftiging is. Dit klink versrrkiklik maar dit is net veiliger vir almal as ons elkeen weet hoe iemand lyk wat soveel gedrink het dat hy of sy kan sterf.  En daarmee saam is dit ook goed om vooraf te weet hoe om iemand met alkoholvergifting te help. As jy ‘n man van tieners is: weet hulle ook? Dit is altyd beter om die gesprek aan die gang te kry. Brandewyn, whisky, tequila, vodka en selfs koelers is nie koeldrank nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waarskynlik weet jou tiener glad nie wat om te doen as ‘n maat te veel gedrink het nie, sê Tertius Cronjé, Direkteur van Maatskappydienste by SANCA. “Veral tieners is naïef oor drank. Hulle misreken hulself maklik met die hoeveelheid drank wat hulle gebruik het. Hulle besef ook nie hoe erg dit hulle aantas nie – veral nie wanneer hulle reeds ‘n glas of twee gedrink het. Daarom oorval alkoholvergiftiging hulle heeltemal onverwags. Dit kom meisies selfs makliker oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Mens verstaan dit, want hulle is onervare en gee maklik toe aan groepsdruk. Maar as tieners wil drink behoort hulle ook verantwoordelikheid te neem. Hulle moet eerstens weet hoeveel genoeg is, en daarby hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons weet egter baie tieners eksperimenteer. Party gaan ten minste een keer nie binne hierdie grens bly nie. Maar dan moet hulle selfs meer verantwoordelik wees en ten minste weet wat die tekens van alkoholvergiftiging is. Dit sal veral help as die meerderheid tieners die algemene simptome ken, sodat daar ten minste een is wat betyds hulp kan kry.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe lyk iemand wat besig is om in ‘n koma weens drank te gaan?

“Hulle is pap en/of slaperig. Hul maats sien dat hulle ‘uitgepass’ of omgeval het of slap is. Hulle dink dit is ‘normaal’ aangesien die maat te veel gedrink het.

“Alkohol het in werklikheid sy spiere verlam. Ons dink net die spiere in sy arms, bene en tong funksioneer nie maar ál sy spiere is ewe erg aangetas – sy asemhalingspiere en sy hartspier ook. Dit is waar die gevaar inkom, aangesien hy al swakker asem haal en sy hart al flouer klop. Sy asemhaling en hart kan selfs heeltemal stop. Sonder ’n hartklop en suurstof gaan hy binne minute sterf. Die gelukkiges – of ongelukkiges – kan van ligte tot matige breinskade oorhou.

“Die ergste is dat hy of sy daar reg tussen hulle sterf omdat hulle nie weet nie wat die tekens van vergiftiging is nie en hom of haar net uitgelos het.”

Simptome van koma weens te veel drank

Hy sal slap wees en nie self kan loop of selfs regop sit nie. Hy sal ook onbewus wees en nie regaeer as jy met hom praat nie. Kyk ook na sy vel en luister na sy asemhaling. Hier is vyf tekens van alkoholvergifting wat jy self kan raaksien:

  • Sy vel voel klam en sweterig.
  • Sy vel voel koud.
  • Sy vel is bleek, of selfs blouerig.
  • Hy haal baie vlak asem. Sy asemhaling is onegalig. Hy haal tot tien sekondes lank glad nie asem nie. Hy haal minder as agt keer per minuut asem.
  • Sy pols is baie stadig en swak.

Lees ook: Is dit tyd vir ’n detoks-dieet?

Hulp as iemand in ‘n koma is na wyn

Moenie die persoon ignoreer of aan sy eie lot oorlaat nie. Doen onmiddellik die volgende tien dinge. Jy kan sy lewe red.

  1. Heeleerste: hoe kan jy  hom die gouste by die hospitaal kry? Moenie bestuur as jy self te veel gedrink het nie. Kan iemand julle help? Sy ouers? Die bure? Die bestuurder van die kuierplek?
  2. Moenie wag vir ’n ambulans nie. Ambulansdienste is selde vinnig genoeg beskikbaar.
  3. Moenie tyd mors om hom te probeer bykry nie.
  4. Moenie hom iets ingee soos koffie nie.
  5. Tel hom in die motor en laat hom op sy sy lê. Dit keer dat hy verstik, in geval hy naar raak.
  6. Maak hom warm toe.
  7. Laat iemand langs hom sit om sy asemhaling dop te hou. As hy ophou asem haal, moet julle mond-tot-mond asemhaling toepas; as hy opgooi moet julle seker maak hy verstik of versmoor nie daarin nie.
  8. Besluit waarheen julle hom gaan neem: julle behoort na die naaste hospitaal se noodeenheid te gaan. Kyk of hy sy mediese fondskaart by hom het. Privaathospitale neem nie noodwendig mense op wat nie kan bewys dat hulle kan betaal nie maar hulle sal hom wel stabiliseer en so gou as wat hulle kan oorplaas na die naaste staatshospitaal.
  9. Kontak sy familie, en lig hulle in waar julle is.
  10. Sorg dat die personeel weet waarom julle hom inbring en bly by hom tot hy op ‘n hospitaalbed en in die saal opgeneem is. Moenie hom net by die noodeenheid los nie, aangesien die personeel waarskynlik te besig is om hom dop te hou.

Moet jy sy ma en pa inlig?

Beslis. Hy sal moontlik oornag en selfs langer in die hospitaal bly. Boonop is daar koste aan verbonde. As dit herhaaldelik gebeur, is verdere optrede nodig.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.