kategorieë: Sukses en geld

Kort paaie met (app)-sukses

As jy oefen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Roadid stel almal wat oefen in staat om die tuisblyers op die hoogte te hou (met ’n kaart en merker) van waar hulle is. Ideaal vir hardlopers, fietsryers en stappers. Die app se “Screen Lock” wys drie noodkontaknommers, jou bloedgroep en allergieë sou jy in ’n noodsituasie dalk nie kon praat nie. Die “Stationary Alert Notification” laat jou noodkontakte weet as jy skielik nie meer beweeg nie. Jy kan die app selfs op jou kinders se foon sit sodat jy kan sien of hulle veilig by die skool aankom. Gratis op iPhone en Android-fone.

Nike Running app
gee vir hardlopers die afstand, roete en spoed en

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Runtastic Roadbike het vyftig fietsryfunksies. Albei is gratis op iPhones en lg. ook vir Android-fone.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Raak georganiseer

ANY.DO is gekoppel aan jou ligging en herinner jou by die werk om mense te bel en rekeninge te betaal en as jy tuis kom om die plante nat te maak. Jy kan die snooze-knoppie druk om ’n takie uit te stel, maar jy gaan later weer daaraan herinner word. Gratis op Android-fone en iPhone.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die naaste …

Jy het ’n mediese noodgeval, of jou brandstof lê skielik in die rooi en jy ken nie die omgewing nie.

AroundMe wys jou waar die naaste vulstasie, hospitaal, kitsbank, restaurant, hotel ens. is. Gratis vir Android-toestelle, iPod Touch en iPhone.

Vinnige taxi

Uber is ’n wêreldwye gratis taxi-app waarmee jy jou huidige posisie gee en intik waarheen jy wil gaan. Uber bereken die koste en sê wanneer ’n taxi naby jou gaan wees. Jy kan ook kies om die taxi te deel as ’n wildvreemde in dieselfde rigting ry. Die bestuurder stuur voor die tyd vir jou sy identifikasie en jy kan dit weer vir iemand aanstuur om te verseker dat jy wel jou bestemming veilig bereik. Reeds beskikbaar in Johannesburg en Kaapstad en vanaf November in Durban.

In nood

EmergenSee, ’n nood-app, is gratis op App Store beskikbaar. As jy jou in ’n gevaarlike situasie bevind, aktiveer jy die app, wat dan ’n video-opname met klank en jou GPSkoördinate na gekose kontakte stuur.

Lojaliteitskaarte

Key Ring is net die ding vir die pakke lojaliteitskaartjies wat jy in jou beursie saamsleep. Hierdie app vir iPhones maak dit moontlik om al jou kaartjies op jou foon te skandeer sodat jy dit direk van jou foon by die kassier kan gebruik.

Betaal met jou slimfoon

Snapscan is ’n app wat jou slimfoon in staat stel om ’n unieke strepieskode van ’n handelaar te skandeer en dan deur ’n vooraf genomineerde kredietkaart en PIN-nommer die transaksie te doen. Daar is al 10 000 winkels landswyd wat dit gebruik.

Vir die skrywers

WriteRoom maak dit moontlik om konsepte en navorsing te stoor, storielyne te organiseer en notas oor karakters te maak. Beskikbaar vir iMac, iPad en iPhone (R39,99 iTune; R79,99 Mac App Store).

DRINK WATER

Plant Nanny was in 2013 die beste app in die App Store en is gratis vir iPhones beskikbaar. Die app herinner jou om elke dag genoeg water te drink, wys jou die grootte van glase en werk uit hoeveel water jy nodig het.

Mediese raad

Hello Doctor word deur ons eie Michael Mol bemark en is gratis vir alle fone. Die app het die jongste nuus oor gesondheid en jy kan opgradeer na Digital Doctor of House Calls (waarvoor jy betaal). Met eersgenoemde kan jy een-tot-een teksgesprekke met ’n dokter hê en met House Calls registreer jy ’n “call back”-versoek en ’n dokter sal jou binne ’n uur bel.

Reis

SeatGuru gee jou die uitleg van alle vliegtuie sodat jy vooraf weet waar die sitplekke met meer beenruimte ens. is. Gratis vir
Android-fone of iPhones.

Flightradar24 wys jou presies waar alle vlugte is sodat jy nooit weer laat of te vroeg by die lughawe opdaag nie. Gratis vir
Android, iPod touch en iPhone.

Triposo is ’n wonderlike, gratis reisgids met stadskaarte en meer as 8 000 bestemmings. Beskikbaar vir Android-fone,
BlackBerry en iPhone.

Swangerskap

Pink pad period & fertility tracker is gratis vir iPhones en wys waar in jou siklus jy is, wat jou vrugbaarheid is en herinner
jou om die Pil te drink. Dit het ook ’n funksie wat jou daaraan herinner om water te drink.

Period diary is ’n ander opsie.

50 000 baby names is gratis vir iPhones en gee jou 50 000 name en hul oorsprong.

BabyBump Pregnancy pro kos $3,99 vir iPhones en $2,99 vir Android-fone. Die app was op Time Magazine se lys van die tien beste Wellness Apps en Huffington Post se top-app vir ma’s. Dit gee jou al die inligting wat jy nodig het, hou rekord van baba se skoppies tot jou gewig en bring jou in kontak met nuwe ma’s.

Pilates for pregnancy kos $9,99 vir iPhones. Vul jou verwagte datum in en kry die regte oefenroetine vir jou omstandighede.

Kos maak

Jamie’s Recipes voorsien elke maand tien gratis Jamie Oliver-resepte en ses video’s met die keuse om ’n bedrag te betaal
en baie meer te kry. Gratis vir iPhone en iPads.

How to Cook Everything het 2 000 resepte. Hier kry jy alles, van ’n basiese tamatiesous vir pasta tot eksotiese geregte.

Great British Chefs het resepte van al Brittanje se topsjefs. Gratis vir iPhones en iPads.

Top10Bakes2014 is ’n versameling Food&Home-resepte. Geen van die resepte is nog in die tydskrif gebruik nie. Gratis vir Android-fone en iPhones.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.