kategorieë: DieetGesondheid

Kos vir jou hart

Eet rooi

Rooi groente en vrugte bevat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Likopeen: ’n kragtige antioksidant, voorkom die produksie van slegte cholesterol. Jy kry dit in tamaties en rooi bessies soos frambose en aarbeie.
  • Kapsaisien bevorder hartgesondheid deur jou bloeddruk asook slegte cholesterolvlakke te verlaag. Jy kry dit in rooi soetrissies en brandrissies.
  • Resveratrol neutraliseer vrye radikale wat jou selle aanval en beskadig. Jy kry dit in rooi druiwe en rooi wyn.
  1. Maak slaaie met laevetgraan soos quinoa en pêrelgort wat oplosbare en onoplosbare vesel bevat en help om slegte cholesterolvlakke laag te hou.
  2. Voeg neute by jou slaaie en geregte. Die meeste neute bevat voedingstowwe soos omega 3-vetsure wat jou teen hartsiektes beskerm. Neute bevat baie vet al is dit goeie vette, voeg maar spaarsamig by.
  3. Braai eerder volstruissteaks, dit bevat baie minder vet as ander rooivleis.
  4. Maak slaaisouse met lemoen- of appelsap eerder as olie en mayonnaise. Kies gesonde olies, soos olyf- of avokado- om slaaisouse te maak en ook vir die braaislag.
  5. Gebruik laevetsuiwel soos gewone laevetjogurt of ricottakaas in slaaie en saam met nageregte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


Eet geel en oranje

Geel groente en vrugte bevat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Karotene, ’n antioksidant wat jou liggaam teen hartsiektes en beroerte beskerm. Jy kry dit in wortels en pynappels.
  • Bromalien, ’n ensiem wat vertering aanhelp. Jy kry dit in pynappel.
  • Limonoïede kan cholesterol verlaag en jou teen sekere kankers beskerm. Jy kry dit in sitrusvrugte.
  1. Gebruik minder sout, geur eerder met meer vars kruie en speserye. Vermy produkte soos pakkies sop en souse omdat dit baie ekstra sout bevat.
  2. Eet minstens twee keer per week olierige vis soos salm, vars tuna of sardientjies. Die visse is ryk aan omega 3-vetsure wat jou bloeddruk laag hou en bloedklonte voorkom.
  3. Begin elke dag met hawermout, dit verlaag jou cholesterolvlakke en is ook propvol omega 3-vetsure en kalium.
  4. Gebruik ricottakaas eerder as feta- en ander kaas – dis vetvry en goed vir jou.
  5. Voeg hande vol kekerertjies, lensies en bone by slaaie en geroosterde groente. Peulgroente is goed vir jou hart omdat dit oplosbare vesel bevat wat slegte cholesterolvlakke verlaag.


Eet groen

Groen groente en vrugte bevat

  • Chlorofil, ’n kragtige ontgiftingsmiddel. Chlorofil bind veral met toksiese minerale en help jou liggaam om dit uit te skei. Dit verbeter ook die suurstofsirkulasie in jou bloed. Jy kry dit in alle groen blaargroentes, groente en vrugte.
  • Foliensuur, wat homosisteïenvlakke verlaag. Hoë homosisteïenvlakke kan hartsiektes en beroerte veroorsaak. Jy kry dit in groen blaargroentes, broccoli en aspersies.
  • Kalium en magnesium, wat help om jou bloeddruk te beheer. Jy kry dit in donker blaargroentes en avokado’s.
  • Vitamien B6, wat ook homosisteïenvlakke verlaag. Kry dit in groen groentes soos aspersies en avokado’s.
  1. Varkfilet is ’n goedkoop, laevetproteïenbron.
  2. Voeg sade soos pampoen- en sonneblomsaad by geregte soos roerbraaie, want dit bevat magnesium wat help om bloeddruk te beheer.
  3. Kies volgraanpasta en grane soos koeskoes as bygeregte. Basmati- en bruinrys se GI is laer as dié van witrys.
  4. Neute soos okkerneute en makadamianeute is propvol omega 3- vetsure asook mono- en poli onversadigde vette wat goed vir jou hart is.
  5. Eiers bevat baie voedingstowwe wat goed vir jou hart is, soos vitamien B12 en sink.


Eet pers

Pers groente en vrugte bevat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Antosianien, ’n kragtige antioksidant wat jou teen sekere kankers asook hartsiektes en beroerte beskerm. Kry dit in rooikool, eiervrug en bessies soos bloubessies.
  • Vitamien C, wat baie belangrik is vir hartgesondheid. Dit verlaag cholesterol en is ’n kragtige antioksidant. Dié vitamien help om vet af te breek en in energie om te skakel en keer sodoende dat dit in jou are opbou. Kry dit in beet, bessies soos bloubessies maar eintlik in die meeste vars groente en vrugte.
  1. Hoenderborsies sonder vel is ’n goeie laevet-proteïenkeuse. Voorkom dat dit droog en smaakloos is deur die vleis baie vinnig te braai en met suurlemoenskil en knoffel te geur.
  2. Eet groente soos kool en beet vir ’n slag rou. So maak jy seker dat jy al die voedingstowwe inkry wat gewoonlik in die kookproses verlore gaan.
  3. Verlaag brood- en pizzadeeg se GI deur ’n kwart van die meel deur volgraanmeel en hawermout te vervang.
  4. Maak gesonde laevetroomys deur vrugtepuree met laevetjogurt te meng en te vries.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.