kategorieë: Ontspanning

kykNET Silwerskermfees 2015

Vyftien kortfilms is vir vanjaar se kykNET Silwerskermfees gekies. Die kortfilms sluit ’n radiodrama, ’n kortverhaal en ’n verwerkte studente-drama in. Daar is komedie en rillers, films oor verhoudings en stories wat eg Suid-Afrikaans is. Al die kortfilms kom in aanmerking vir die toekennings wat op Saterdagaand, 29 Augustus 2015 toegeken word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar van die kortfilms …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beurtkrag

Bouwer Bosch Films
Regisseur: Tina Kruger

Vervaardigers: Stiaan Smith en Tina Kruger

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jasper en Fransie trek saam in ’n woonstel in. Hulle is die perfekte paartjie in die perfekte woning, maar ’n kragonderbreking forseer die twee weg van tegnologie en nader aan mekaar. Kort voor lank is daar niks meer tussen hulle buiten hulle eie opinies en vrese en die onbekende toekoms nie. Die oënskynlik perfekte verhouding word onder ’n vergrootglas geplaas en vat vlam. Is die vuurtjie knus en koesterend of uiteindelik die verwoesting van hulle verhouding?

Beurtkrag is ’n verhoudingsdrama oor die kwesbaarheid tussen geliefdes en is daarop gemik om die intiemer aspekte van verhoudings te ontbloot. Wat gebeur wanneer die deur na die buitewêreld toegemaak word en ons mekaar vir ’n oomblik opreg en ten volle moet beleef?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met Lilani Prinsen en Stiaan Smith. Smith was ook vir die draaiboek verantwoordelik.


Dominee-truuks

Redhead Productions
Regisseur: Anel Stolp
Vervaardiger: Lizé Vosloo

Melissa Strydom, ’n stil en stemmige skoonheidsterapeut, bevind haarself in ’n ongemaklike situasie wanneer ’n kliënt sy laaste asem in haar alter ego, Wiks-my-Wilma, se strafkamer uitblaas. Hugo Niemand, Melissa se kêrel, is salig onbewus van haar buitengewone beroepskeuse en Melissa wil dit graag so hou. Sy kan beslis ook nie haar ouers se hulp vra nie. Haar ma, Beatrice Strydom, lei die Bybelstudie en is ontstig dat Melissa en Hugo in sonde saamleef. Haar pa, Willie Strydom, is baie eng en sal homself nooit met so iets vereenselwig nie. Maar hoe nou gemaak? Die volgende kliënt is op pad en die lyk moet uit! Met Rojean Serek, Henriëtta Gryffenberg, Jürgen Hellberg, Quanita Adams, Philip Moolman en Danie Putter. Die draaiboek is deur Lizé Vosloo en Rojean Serek.

Foto

Milldance CC
Regisseur: Linsen Loots
Vervaardiger: Mandelise van Loggerenberg

’n Foto-uitstalling deur ’n anonieme fotograaf laat Michaela, ’n jong fotograaf, vrae vra oor wie die treffende foto’s geneem het. Sy betrek Bernard, die kurator van die galery, om haar te help om die fotograaf te vind aangesien die negatiewe van die foto’s in een van sy familielede, André Jonker, se besit was toe dié in ’n ongeluk dood is. Die leidrade bring Michaela by die stories van die mense in die foto’s en sy ontdek dat baie van hulle gewelddadig gesterf het. Haar nuuskierigheid word ’n obsessie en sy raak al dieper in die donker geheim van die fotograaf getrek. Met Roeline Daneel, Ludwig Binge, Albert Maritz, Lida Botha en Antoinette Louw.

Hartloop

Jester Productions
Regisseur: Jody Abrahams
Vervaardiger: Jester Productions

Janke dink haar dag sal ’n doodnormale dag met doodnormale take wees. Min weet sy dat hierdie dag nie ’n normale dag gaan wees nie. Sy word voor haar huis uit haar motor gepluk en daar is mans en gewere, wiele wat raas. Janke lê verwese op die gras op die sypaadjie buite haar huis en kyk na die kar wat vinnig verdwyn. Sy staan op en begin hardloop, want die een ding wat die kapers nie van haar weet nie, is wat sy alles sal doen om die kar in te haal …
Met Jana Strydom, Jacques Bessenger, Andile Mngadi en Vincent de Koker. Die draaiboek is deur Diaan Lawrenson.

Kleingeld

Gambit Films
Regisseur: Zenn van Zyl
Vervaardigers: Travis Taute en Nosipho Dumisa

’n Romantiese komedie wat in ’n motorhawe afspeel wat al beter dae gesien het. In ’n wêreld waar jy geoordeel word vir jou posisie by die werk, waar die petroljoggie heel onder en die winkelklerk heel bo is, werk AJ, ’n jong petroljoggie wat geen selfvertroue het nie. Hy is verlief op Corey, ’n jong kassiere. Die enigste probleem is dat dit Corey se laaste aand by die werk is. AJ is vasbeslote om haar per brief uit te vra, maar Andrew, die arrogante junior-winkelbestuurder, is daarop uit om AJ se aand ’n nagmerrie te maak.

Michael, AJ se beste vriend, is vasbeslote om hom te help, maar help hom van die wal tot in die sloot. Met sonopkoms het AJ ’n laaste romantiese idee, maar al hoe dit gaan werk, is as hy almal se hulp kry …

Kleingeld is die regisseursdebuut van Zenn van Zyl wat die kameraregisseur van die bekroonde kortfilm No 37 was.

George van der Riet en Zenn van Zyl het die draaiboek geskryf en Kleingeld het onder andere Edwin van der Walt, Marvin-Lee Beukes, Shamilla Miller, Roland Reed en Sarah Loots in die rolverdeling.

Besoek kykNET se webblad vir die volledige lys inskrywings in al die kategorieë. Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.