kategorieë: Ontspanning

Jaarlikse spogkompetisie se foto-wenner

Daar was vier kategorieë waarvoor fotograwe na hartelus hul kunswerke kon inskryf. Dié kategorieë was: Reis-portrette, Buite tonele, Sin van Plek en Spontane oomblikke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die kompetisie is deur National Geographic Society geborg en was vir 12 weke onderweg waartydens Traveler-tydskrif se redakteur, Maggie Zackowitz, se weeklikse gunstelinge op die tydskrif se webtuiste gelaai is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beoordeling het in twee rondtes geskied. Tydens die eerste rondte het beoordelaars tien foto’s gekies wat die beste aan die kriteria vir inskrywings voldoen het. Dié kriteria was (1) 50% kreatiwiteit en (2) 50% kwaliteit. Die top-tien foto’s het dan na die tweede rondte deurgedring waar die beoordelaars gesamentlik op die wenners vir die onderskeie kategorieë besluit het. Daar was altesaam drie hoofpryse op die spel, asook sewe meriete pryse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die eerste prys was aan die algehele wenner toegeken en behels ’n National Geographic foto-ekspedisie van agt dae in Costa Rica en die Panama Kanaal.

Die tweede prys behels ’n National Geographic foto-ekspedisie van ses dae te Winter Wildlife in Yellowstone vir twee persone.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die derde prys is ’n sesdag bootreis vir twee op ’n passasiersboot van Schooner American Eagle en Heritage.

Die sewe wenners van die meriete pryse het elk ’n R 2 500-geskenkbewys vir B&H Photo, ’n National Geographic Masters of Photography-kursus DVD en ’n gratis inskrywing vir die Traveler-tydskrif ontvang.

Hier is die algehele wenner:

Whale Whisperers deur Anuar Patjane

Besoek gerus National Geographic se webtuiste om die ander wenners se kunswerke te aanskou. Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.