Kosallergie – Wat beteken hierdie uitslag?

Kosallergie – Wat beteken hierdie uitslag? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Ulrika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Uitslag en kosallergie

Jou kind het ’n uitslag. Jy weet dit is waarskynlik urtikaria (huiduitslag of galbulte) en sny nie moontlike “allergiese” kosse uit nie. Die meeste ma’s aanvaar ’n uitslag is ’n sterk en selfs definitiewe teken van allergie. Baie sit dan die kind op ’n dieet sonder melk, eiers … Te dikwels veroorsaak dit dat die kind nie voldoende en belangrike voedingstowwe vir sy brein, skelet en groei inkry nie.

Maar volgens die South African Food Sensitisation and Food Allergy (SAFFA)-ondersoek het minder as drie uit elke honderd Suid-Afrikaanse kinders werklik ’n allergie. Eintlik is allergieë skaars, en ’n onnodige allergiedieet is nutteloos vir jou kind. Dit beteken nie dat ’n uitslag om ander redes nie lastig en/of selfs lewensgevaarlik kan wees nie. Maar ’n mens moet onderskei tussen ’n uitslag weens allergiese ekseem en veral urtikaria of angio-edeem (’n dieper swelling van die vel) sodat jy die regte behandeling kan kies, sê prof. Mike Levin, hoof van Asma en Allergie by Pediatrie aan die Universiteit van Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wat elke ouer oor allergie en wanvoeding moet weet

As jy na die tabel hieronder kyk, sal jy sien hoe baie die drie van mekaar verskil en hoe elkeen op sy beste gehanteer moet word.

Kinders met ekseem moet van vyf maande af grondboontjiebotter eet. Volgens prof. Levin het ons ’n hele geslag superallergiese kinders “gekweek” met die advies dat kinders tot op 12 en selfs 18 maande moet wegbly van kosse wat dikwels allergieë veroorsaak, soos eiers en grondboontjiebotter. Kinders is inderdaad so lank moontlik weggehou van alle vaste kos – selfs tot op agt maande.

“Ons weet nou dat die liggaam voor tien, twaalf maande ’n eenmalige vensterperiode het waartydens dit die vermoë het om nuwe kosse as ‘vriendelik’ te aanvaar. Kosse wat jou kind later leer ken, is ‘vreemd’, en jou liggaam kan maklik besluit dit is gevaarlik en dit met ’n allergiese reaksie verwerp. Daarom beveel ons nou aan dat kinders van vier maande af aan kos blootgestel word, en dat hulle teen ’n jaar al die kos moet eet wat hulle in hul kulturele verband as volwassenes gaan eet.

Lees ook: Kan mens allergies vir vleis wees?

“Terselfdertyd beveel ons tog aan dat kinders eers ná vyf maande blootgestel word aan die kosse wat bekend is as allergene, soos eiers en grondboontjies.

En let op: ons beveel aan dat veral kinders met ekseem en ’n eierallergie enige tyd ná hul vyfde maand en voor ’n jaar ook grondboontjiebotter inkry.”

Gaan geen kinders vorentoe dan allergies wees nie?

“Ongelukkig nie. Al wat ons met hierdie nuwe benadering sien, is dat baie minder kinders allergies is – wat ’n baie groot pluspunt is.”

*Inligting van die Allergy Foundation of South Africa (AFSA)

Lees ook: Is die langtermyngebruik van antihistamiene veilig?

Uitslag en kosallergie – Wat beteken hierdie uitslag?

Het jy geweet?

Net 2,5% van kinders is werklik allergies
– Bron: South African Food sensitisation and Food Allergy (SAFFA)-ondersoek

Lees ook: Is ek regtig allergies vir vlooibyt?

Uitslag en kosallergie – Wat beteken hierdie uitslag?

Beste wenke

  • Gee jou kind ’n ertjie-grootte porsie grondboontjiebotter en hou twee uur lank dop. As niks gebeur nie, hanteer sy liggaam grondbone sonder ’n allergiese reaksie.
  • Nog ’n nuwe riglyn: Swanger en borsvoedende vroue kan grondbone eet. Dit verhoog nie jou kind se kans op dié allergie nie.
  • Uitstekende inligtingsbron oor allergieë: Allergy Foundation of South Africa

Lees ook: Is dit regtig ’n seekos-allergie?

Gebruik hierdie tabel om te bepaal watter uitslag jou kind het

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.