kategorieë: Ons menseBekendes

Renée Zellweger – Onbreekbaar

Renée Zellweger – Onbreekbaar deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Met vergunning van Empire Entertainment Africa

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margaret oor Renée Zellweger

Daar was ’n tyd toe Renée Zellweger se naam by elke lokettreffer uit Hollywood verskyn het. Sy het ’n Oscar en drie Golden Globes gewen en in 2007 was sy een van die hoogs betaalde aktrises in Hollywood.

Kort ná Bridget Jones’s Baby in 2016 het sy stil-stil uit die openbare oog verdwyn. Sy sê sy het tyd gemaak om te studeer. Maar ’n mens kan nie help om te wonder of die kritiek ná die laaste Bridget Jones-fliek haar besluit beïnvloed het nie. Mense het haar voorkoms wyd bespreek en gekritiseer op die web, en al wat ’n naamlose trol was, het haar beskinder en afgebreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit sal selfs die sterkste mens ’n rede gee om agter toe deure weg te kruip. Maar nou is sy terug. Sy verskyn in ’n TV-reeks genaamd What If. Maar noemenswaardiger is haar rol in Judy, waarin sy Judy Garland speel. En sy lewer uitmuntende spel. Sy vang die kwetsbaarheid en charisma van Judy vas en sing ook in die fliek.

Maar Renée bly skrikkerig vir publisiteit. En die trolle kan seker nie wag om hul tande in haar in te slaan noudat sy terug is nie. Maar gelukkig kry sy dit reg om resensente se guns te wen. Sy het openhartig met rooi rose oor haar terugkeer na die silwerdoek gesels.

Loer hier om Margaret se onderhoud met Renée Zellweger te sien oor aanlyntrolle, sosiale media en Judy Garland.

Margaret en Renée Zellweger – Onbreekbaar

Nadat ek Judy gesien het, kon ek  nie help om jammer te voel vir Judy Garland nie. Soveel mense het ’n sê gehad in hoe sy lyk en optree. Het jy al dieselfde ervaring gehad, en wat het dit jou geleer?

Ja, natuurlik. Ek is ’n vrou en bly in Amerika (lag). En in Hollywood, veral, is jou voorkoms altyd onder bespreking. ’n Mens is nuuskierig oor die metamorfose wat akteurs vir sommige rolle ondergaan. Vir Judy was daar die verwagting dat sy altyd ’n foutlose optrede sou gee, ongeag haar ouderdom. En sy het dit tot aan die einde van haar loopbaan reggekry.

In die destydse Hollywood het die ateljees vir akteurs voorgeskryf hoe hulle moet lyk en optree. As kinderster is sy met die ander kindersterre vergelyk en sy moes heeltyd probeer om in te pas by daardie prentjie wat van haar geskep is. Boonop word jy gedurig herinner aan hoe gelukkig jy is om in so ’n posisie te wees, so jy werk heeltyd uit ’n posisie van vrees. Ek kan my net indink hoe oorweldigend dit moes gewees het. Ek is nie so daarop gefokus in my eie ervaring nie, ek soek nie daarna nie, maar dis waarskynlik deel van ’n gesprek waarvan ek nie bewus is nie. Dis vir my ’n gesonder plek om nie daarvan bewus te wees nie.

Noudat jy terug is, het jy steeds dieselfde passie vir toneelspeel? Is jy ’n beter aktrise as voorheen?

Ek weet nie of ek ’n beter aktrise is nie. ’n Mens hoop dat jou lewenservaring jou toneelspel sal beïnvloed en verbeter. Ek is dalk beter daarmee om my reaksie op die nagevolge te bestuur. Ek het sterker grense. Vandat ek terug is, onthou ek hoekom ek dit so geniet het, maar ek voel nie dieselfde druk om aan sekere vereistes – wat my gedreineer het – te voldoen nie. Nou is dit vir my net werk en baie makliker om net op my toneelspel te fokus. Dis amper soos hoe dit was toe ek op universiteit flieks gemaak het. Dit gaan oor kreatiwiteit en die proses en om agter die karakter te verdwyn. Ek voel net gemakliker en vaster op my voete as voorheen.

Het jy dieselfde passie vir toneelspeel?

Ek het nooit die passie vir toneelspel verloor nie. Ek is mal daaroor om saam met ’n klomp mense aan iets te werk, en om hopelik ’n gemeenskaplike doel te bereik.

Hoe bestuur jy jou persoonlike lewe tussen die roem en die werk?

Wel, ek doen dit nie. Ek het nog nooit aan die roem-ding deelgeneem nie. Dit het rondom my gebeur. Ek het vroeg geleer dat daar geen punt is om daaraan deel te neem nie, want jy het nie beheer daaroor nie. Mense sal skryf en dink wat hulle wil. Dit is nie my werk nie, en ek stel nie daarin belang nie.

Jy is ook nie op sosiale media nie?

Nee.

Hoe hanteer jy emosionele pyn en stres?

Ek weet nie waarvan jy praat nie (lag)! Ek hardloop. Ek hardloop baie. Ek het eenkeer hierdie fantastiese advertensie gesien van ’n meisie wat hardloop met al hierdie woorde wat agter haar gelos word: Stres. Moegheid. Werk. Angs. Jy weet, alles wat probleme veroorsaak. Dit was pragtig en dis hoe ek oor hardloop voel. Ek bedink en verwerk alles wat my pla wanneer ek hardloop. Dit werk vir my.

Wanneer laas het jy iets in jou lewe bevraagteken?

Vanoggend. Maar jy bedoel groot goed? Die ding is, ek glo dat selfs klein besluite ’n groot uitwerking op ’n mens se lewe kan hê. Of jy links of regs draai by ’n stopstraat, kan ’n groot invloed hê. Jy kan in enige stadium iemand ontmoet wat jou lewe gaan verander. Jy weet nooit wat kan gebeur nie. Maar ek probeer om nie te veel daaroor te tob nie. Ek probeer om in die oomblik te wees. Dis goed om vooruit te dink en te beplan, maar jy kan nie alles beheer nie. Dis ook goed om te dink voor jy iets sê.

Foto: HFPA 2019 Grants Dinner
Renée Zellweger – Onbreekbaar

Watter rol speel musiek in jou loopbaan?

Sonder musiek kan ek nie my werk doen nie. Dis ’n behoefte. Musiek raak my emosies en omgewing. Musiek vat my na ’n plek toe wat my help om my karakter se emosies uit te beeld. Ek luister na musiek terwyl ek by die werk is sodat ek op dieselfde emosionele vlak kan bly waar die karakter is. Ek het dit ook nodig in my persoonlike lewe. Musiek is vir my soos kleur. Dis ’n medium wat almal verstaan, en dit is regstreeks aan my hart verbind.

Wat het jy onlangs gelees wat jou beïndruk het?

Ek lees ’n biografie waaroor ek nie kan praat nie, jammer. En dan lees ek ’n boek genaamd The Did wat gegrond is op hartverskeurende ware gebeure, ek kan die boek sterk aanbeveel. Ek het ook onlangs Lawrence of Arabia gelees. Dié interessante boek handel oor die groot oliemaatskappye en hoe Amerika by die Midde-Ooste betrokke geraak het. Ek het Bill Clinton se biografie ook nogal geniet. Sy beskrywings van die mense wat hy ontmoet het en hoe dit sy persoonlike filosofie beïnvloed het, was regtig interessant.

Wat het al jou jare in Hollywood jou geleer?

Ek het reg aan die begin van my loopbaan, net voor Jerry Maguire uitgekom het, ’n baie interessante gesprek met die regisseur Mike Nichols gehad. Ek het voorheen in die bedryf gewerk, maar net agter die skerms. Hierdie was my eerste rol. Hy het my gevra of ek weet wat nou gaan gebeur (nadat die fliek uitgekom het). Ek het nie mooi verstaan wat hy bedoel het nie. Hy het my gevra of ek besef dat my lewe gaan verander. Ek het naïef “ja” gesê, sonder dat ek besef het wat dit beteken. Hy het vir my verduidelik dat daar niks in ’n mens se lewe is wat jou kan voorberei op die veranderinge wat gaan plaasvind nie. Hy het gesê dat roem skelm is. Dis ’n bietjie soos Medusa. Dis altyd daar. Dit is geslepe. Dit is altyd agter jou, en as jy direk daarna kyk, sal jy versteen. As jy dit omhels of aanvaar, sal dit jou versteen. Maar dis belangrik dat jy ’n oog daarop hou sonder om direk daarna te kyk. Jy moet deur ’n prisma of glas, soos in die Medusa-mite, daarna kyk, dan sal jy veilig wees. Die prisma is jou vriende, jou familie, die mense wat jy vertrou. En jy moet altyd die prisma by jou hou. Ek het nie toe verstaan wat hy bedoel nie, maar as ek vandag daaraan terugdink, dink ek dis die beste advies wat ek tot nog toe gekry het.

Het jy geweet? Margaret blog vir ons! Loer hier om haar blog te begin lees.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.