kategorieë: Dieet

Kosblikpak

Jogurt is superkos vir kinders en een van die heilsaamste happies wat jy vir jou kind kan aanbied. Maar gegeurde jogurt bevat baie ekstra suiker en word van laevet-jogurt gemaak wat onnodig vir groeiende kindertjies is. Kies eerder die gewone volroom- of dubbelroom-jogurt wat geen suiker of kleurmiddels bevat nie. Koop gerus ook jogurt wat lewende kulture bevat, dié outjies is voordelig vir ’n gesonde spysverteringstelsel omdat dit die groei van skadelike bakterieë inhibeer. Dit versterk ook kinders se immuunstelsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Slim gebruike van jogurt

As die tyd knap is, maak vinnige smoothies met vars vrugte en jogurt vir ontbyt: Voeg koringkiem (wheatgerm, verkrygbaar by gesondheidswinkels) by om dit meer woema te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meng 2 pere of 2 piesangs, geskil, met 15 ml (1 e) heuning en ½ k (125 ml) volroom, gewone jogurt met 8 ysblokkies in ’n versapper. Verwerk tot glad en geniet. Voeg bessies by vir variasie, of skep jou eie kombinasies. Puree vrugte soos bessies en perskes in ’n voedselverwerker – jy kan ’n knypie suiker of ’n bietjie suurlemoensap byvoeg om die smaak te verbeter. Meng dié suiwer vrugtepuree deur die jogurt en maak so jou eie, natuurliker vrugtejogurt. Jogurt-yslolllies. Maak jou eie vrugtejogurt soos hierbo, giet die jogurt in vriesbakkies of yslollievormpies en vries oornag vir koel snoephappies op ’n warm dag.

Klik hier vir nog heerlike smoothie-resepte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ander superkos vir slim kinders

Navorsing toon dat sekere kosse breinfunksionering kan verbeter: Sousboontjies (baked beans) op roosterbrood vir ontbyt bevat vesel en bied standhoudende energie. Piesangs, volgraanbrood en hawermout is almal goeie energieverskaffers wat energie stadig vrystel en voorkom dat kinders teen tweede pouse tam voel. Eiers. Die lesitien in eiergeel stimuleer die brein. Dit bevat ook koalien wat die geheue verbeter. Olierige vis soos vars tuna en makriel, of geblikte sardientjies bevat omega-3-vetsure wat nodig is vir superbreinkrag.

Kies ook kos sonder suiker. Hier is 33 gesonde kossoorte (sonder suiker) vir jou én jou kinders.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.