kategorieë: Kos

Allerlekkerste kaasresepte

Gebakte ricotta-brood

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

4 suurdeeg rolletjies
8 snytjies salami
150 g ricotta
200 g kersietamaties
5 eiers
160 ml (2/3 k) melk
Sout en gemaalde swartpeper
160 ml(2/3 k) gerasperde parmesaan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
1. Sny die bokant van die broodjie af en hol dit uit om ’n bakkie te vorm.
2. Pak die salami, ricotta en tamaties in lae in die uitgeholde brood.
3. Meng die eiers en melk saam en geur met sout en gemaalde swartpeper.
4. Gooi die eiermengsel oor die vulsel en sprinkel die parmesan bo-oor.
5. Sit die brood op die bakplaat en bak vir 55 min of tot goudbruin en gaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ertjie-kaaskoekies

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

400 g ricotta
100 g bokmelkkaas
250 g bevrore ertjies
2 eiers
5 ml (1 t) neutmuskaat
Sout en gemaalde swartpeper
‘n hand vol ertjiespruite, vir opdien
suurroom, vir opdien

Voorverhit die oond tot 160°C en voer ’n kolwyntjiepan met papiertjies uit.
1. Meng die ricotta, bokmelkkaas, bevrore ertjies, eiers, neutmuskaat saam en geur met sou en gemaalde swartpeper.
2. Skep die mengsel in die voorbereide pannetjie en bak vir 30 min. Bedien saam met ertjiespruite en suurroom.

Gevulde mozzarella-vetkoekies

Genoeg vir 10-12 vetkoekies

500 g (875ml) koekmeel
10 g (1 sakkie) kitsgis
5 ml (1 t) sout
375 ml (1 ½ k) louwarm water
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) vinkelsaad
200 g mozzarella kaas
10 rosa tamaties, gehalveer
`n handvol basilieblare
meel vir uitrol + ekstra
olie vir diepvetbraai

1. Meng die koekmeel, gis en sout saam. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die louwarm water bietjies gewys by en meng tot die deeg bymekaar kom. Knie vir sowat 10 minute.
2. Laat rys in ’n warm plek vir 30 minute. Knie af en bedek met ’n klam lap.
3. Verhit die olyfolie en voeg die vinkelsaad by. Braai vir 3-4 min en laat eenkant om af te koel.
4. Sny die mozzarellakaas in blokke en marineer in die afgekoelde vinkelolie.
5. Verdeel die deeg in 12 ewe groot balletjies. Werk met 1 op ’n slag en bedek die res met ’n klamlap.
6. Verhit sowat 15 cm olie in ’n kastrol vir diepvetbraai. Toets of die olie warm genoeg is met ’n stukkie brood – die brood moet binne 40 sek goudbruin verkleur.
6. Rol ’n bolletjie deeg op ’n skoon meelbestrooide werksoppervlak uit tot omtrent palm grote. Sit ’n stukkie mozzarellakaas, tamatie en basilieblaar in die middel en vou toe om ’n netjiese bolletjie te vorm. Rol die bolletjie in ekstra meel en herhaal tot al die deeg opgebruik is.
7. Diepvetbraai die bolletjies in matige olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.

Gemarineerde mozzarella-pizza

Genoeg vir 4

3 groot balle mozzarella, in stukke geskeur
gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 knoffelhuisie, fyn gekap
125 ml (½ k) jogurt
Vir die pizza-deeg
500 g (875 ml) koekmeel
10 g (1 sakkie) kitsgis
5 ml (1 t) sout
375 ml (1 ½ k) water
90 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn gekap
30 g botter
200 g eksotiese sampioene
8 tiemie-takkies
60 ml (¼ k) geroosterde dennepitte, vir opdien
125 ml (½ k) crème fraîche, vir opdien
Orego takkies, vir opdien
Tiemie-takkies, vir opdien

Voorverhit die oond tot 200°C.
1. Meng die mozzarella, suurlemoenskil, knoffel en jogurt saam en laat eenkant vir 30 min. om te marineer.
2. Sit die meel, sout en gis in die bak van ’n elektriese menger toegerus met ‘n deeghaak. Gooi die water by en meng tot die deeg bymekaar kom. Knie vir ‘n verdere 6-8 min. of tot glad en elasties. Sit die deeg in ’n bak en bedek met ’n klamdoek. Laat eenkant rys vir 30-45 min. of tot dubbel in grootte.
3. Sit ’n bakplaat in die warm oond om te verhit. Verdeel die deeg in 3 en rol dit dun uit. Verf met 60 ml (¼ k) van die olyfolie en knoffel en plaas dan op die voorverhitte bakplaat. Bak vir 15-20 min tot goudbruin.
4. Verhit 30 ml (2 e) olyfolie, botter en tiemie in a groot pan oor ’n medium-hoë hitte en braai die sampioene tot sag en goudbruin. Geur na smaak.
5. Pak die gemarineerde mozzarella en sampioene op die deeg saam met ’n paar dennepitte, skep groot lepels crème frâiché by, en sprinkel met orego en tiemie-takkies. Bak weer in die oond vir 10-15 min tot die kaas afgesmelt het. Sny in stukke en bedien.

Gebakte fetakaas in olyfolie

Genoeg vir 4

160 ml (2/3 k) olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in repe gesny
4 wiele feta kaas
200 g swart olywe, ontpit
4 knoffelhuisies, fyn gekap
`n handvol Italiaanse pietersielie

Voorverhit die oond tot 200°C.
1. Verhit 10 ml van die olyfolie in ’n braaipan en braai die ui en soetrissie tot sag.
2. Pak elke feta skyf in individuele bakkie. Verdeel die res van die olyfolie tussen die bakkies en sprinkel van die ui, rissie, olywe en knoffel oor elke feta skyf.
3. Bak in die voorverhitte oond vir 10 min. tot die kaas sag en deurwarm is.
4. Haal uit die oond en sprinkel pietersielie oor. Bedien warm saam met vars brood.

Feta- en okkerneut-sigare met speserymuskadel

Genoeg vir 6

250 ml (1 k) muskadel
60 ml (¼ k) heuning
6 gedroogde vye, fyn gekap
1 kaneel stok
2 ster anyse
3 skywe feta kaas, gekrummel
100 g okkerneute, liggies gerooster en gekap
skil van 1 lemoen, fyn gerasper
`n knypie fyn kaneel
1 rol filo deeg
45 ml (3 e) gesmelte botter
olie vir diepvetbraai

1. Verhit die muskadel, heuning en vye in ’n klein kastrol. Gooi die kaneel en steranys by en kook vir 5 min saam. Skep die vye uit en kook die muskadel eenkant tot stroperig.
2. Meng die vye, fetakaas, neute, lemoenskil en kaneel saam en hou eenkant.
3. Werk met 1 vel filodeeg op ’n slag en verdeel elke vel in 4 reghoeke. Verf elke reghoek met gesmelte botter. Smeer sowat 15 ml (1 e) van die kaas mengsel dun op elke vel en laat ’n skoonrand van sowat 1 cm. Rol die filodeeg styf op in ’n sigaar vorm.
4. Verhit die olie en diepbraai die sigare tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Sit die sigare op ’n opdienbord en gooi die spesery muskadel stroop oor.

Dulce duetto

Genoeg vir 4

2 × 250 g houer mascarpone
2 blokke romerige bloukaas
100 g pekanneute
3 ingelegte vye, in skywe gesny

1. Voer ’n broodpannetjie met ’n inhoudsmaat van 750 ml uit met kleefplastiek. Laat die plastiek sowat 3cm aan elke kant oorhang.
2. Klop die mascarpone en bloukaas saam tot glad en romerig.
3. Skep ’n derde van die mascarpone-mengsel in die pannetjie en smeer dit glad met ’n slaplemmes.
4. Sprinkel die pekanneute bo-oor en skep dan nog ’n derde mascarpone-mengsel in die pan. Smeer dit eweredig.
5. Pak die vye bo-op en smeer dan die laaste mascarpone-mengsel bo-op. Vou die bokant toe met die kleefplastiek en sit in die yskas vir 2 ure of tot benodig. Bedien saam met sout beskuitjies en melba broodjies.

Gevulde bloukaaspere is spekkomberse

Genoeg vir 6

10 ml (2 t) olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn gekap
100 g gemengde neute, gekap
blaartjies van 8 tiemie takkies
sout en gemaalde swartpeper
6 klein peertjies, geskil
125 g bloukaas, in skyfies gesny
2 × 250 g pakkies repiesspek
200 g baba blaartjies

Voorverhit die oond tot 180°C.
1. Sny die bokant van die pere af en maak ’n effense holte in die onderste helfte. Sit die pere op ’n bakplaat en skep 15 ml neute gevolg deur 30 ml bloukaas in die holte in.
2. Sit die “deksels” van die pere terug en draai elke peer in 2-3 repies spek toe. Begin op die onderkant en laat die spek effens oorvleuel. Steek dit vas met ’n tandestokkie.
3. Pak op ’n bakplaat en bak vir 25-30 min. of tot die spek bros is en die pere sag. Bedien op baba blaartjies saam met ’n balsamieke stropie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.