kategorieë: Blogs

Daar’s heil in wyn

Dit was met die eerste aanblik heeltemaal Grieks vir ons waarom die boere van Kroasië letterlik tot rugbreek toe miljarde klippe met die hand opgetel en in allerhande klipmuurtjiepatrone teen die berghange gepak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe kom ons agter die kap van die byl. Die kalksteen Karst-berge se boonste kliplaag moes hulle breek om by beter landbougrond uit te kom en die enigste raad met die baie klippe was om muurtjies te pak. Dit moes ‘n paar of honderd jaar geneem het om die omgewingsskoonheid van die see en son sowel as klippe en veld op so’n unieke manier vas te lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terug by die Grieke, was dit juis hulle wat in die vyfde eeu VC reeds met die klipbrekery begin het toe hulle in Kroasië aangeland en ‘n wingerd en wynmaakkultuur begin vestig het. Hoe belangrik wyn in die ekonomie van die tyd was, spreek uit die feit dat munte van destyds wingerdmotiewe vertoon het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het nog gewonder waar ons ‘n wynmaker op die lyf gaan loop, toe ons net langs die apartement waar ons in Hvar tuis was, toevallig ‘n tuiswynmakery in ‘n motorhuis ontdek. En sommer net agter die apartement was nog ‘n motorhuiswynmaker besig om kratte te laai waarmee hy by die boere in die omgewing wat fluks besig was om druiwe te pluk, voorraad sou gaan koop.

Die wynmaker vertel ons dat in kommunistiese Joegoeslawië die wynbedryf genasionaliseer was en dat dit eers na die onafhanklikheid van Kroasië in 1992 weer moontlik geword het om wettiglik privaat wynmakerye te kan hê. Dit het baie jong wynmakers in die bedryf gebring wat vandag goeie wyne produseer op ou familieplase.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Behalwe hierdie motorhuiswynmakers is daar etlike groot privaat wynmakers wat met mooi kelders daarin spesialiseer om natuurlike uithaler wit- en rooiwyne van die hoogste gehalte te maak wat met die bestes in die wêreld vergelyk.
Uit die aard van Kroasië se uiteenlopende kus- en binnelandse landskap met wisselende klimaat is daar meer dan 300 geografies bepaalde wynproduksie-areas wat daarvoor sorg dat ‘n aantreklike verskeidenheid wyne uit die wingerde kom.
Kroasië, het ons ontdek het ook sy eie Slawiese eikehoutbos waar vaatjiehout vandaan kom wat ideaal is vir die veroudering van wyn. Die Kroasië-stempel is gewis duidelik op die land se wyne afgedruk. EU wynregulasies waarborg die wynkwaliteit.

Dit was in een van die pragtige kerke van die plattelandse dorpies waar ons uitgevind het hoe naby aan uitwissing die wynbedryf gedurende die 15e eeu gekom het toe die Ottoman Turke Suid-Oos Europa verower het. Alkohol gebruik was toe taboe vir die volk. Dit was net uit toegeeflikheid teenoor die kerke, wat wyn as deel van hulle godsdiensbeoefening gebruik het, dat priesters en monnike toegelaat is om wyn te maak. Op die manier het die kerk nie net siele gered nie, maar ook die wynmaakbedryf in Kroasië!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.