kategorieë: Reis

Réunion: Totsiens, visum!


Wat kry jy as ‘n hoekie van Frankryk, ‘n stukkie paradyseiland, woudryke berglandskap en ‘n aktiewe vulkaan saamgooi? ‘n Alles-in-een bestemming met die naam Réunion natuurlik. Heerlik onontdek en net ‘n klipgooi vanaf Mauritius (wel, die klipgooi is nie heeltemal waar nie, maar jy kry die idee.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier kan jy letterlik in die oggend na die bopunt van ‘n vulkaan klim, en dieselfde middag in die beste eilandtradisie op ‘n strand lê. ‘n Wit strand, hoewel Réunion weens die eeue-oue vulkaniese rots ook rare swart strande het. Al wat adrenalienaktiwiteit is, is hier beskikbaar, boonop binne ‘n relatief klein gebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dolfyne het ‘n besondere liefde vir die eiland en walvisse kom hierheen om geboorte te gee. En wanneer daar een keer in ’n klompie jare ’n vulkaniese uitbarsting is, is gelukkige toeriste bly hulle is daar om die skouspel mee te maak – die eilandbewoners weet presies wat om te verwag en alles is onder beheer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die mense van Réunion kom uit Afrika, Europa, Asië en Oceania. Hieruit het die Kreoolse kultuur gegroei. Met soveel uiteenlopendheid moet jy verdraagsaam wees, en hierdie goedgesindheid is volgens talle besoekers een van die pluspunte van ‘n besoek aan die eiland. Daar is 15 eg Kreoolse dorpies en 54 geklassifiseerde hotels; van eenvoudig tot skitterblink.

Vlieg twee maal per week van Johannesburg (aansluitingsvlugte na en van Kaapstad) na Réunion met Air Austral – sien http://www.air-austral.com/en/home.html  – die vlug is te kort om jou uit te put.
Daar is ook uurliks vlugte tussen Réunion en Mauritius.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om die afskaffing van die visumvereiste te vier, het Réunion nou ‘n veldtog om toeriste te verwelkom. Gaan na www.welcometoreunionisland.com en geniet!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.