kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 1

Groente, vrugte en kruie raak by die dag duurder. Mense begin daarom al hoe meer hul eie kos plant. En of dit nou op eie werf of balkon is of by een va die talle gemeenskapstuine en dorpsboerderye wat oral opskiet, jy kan dit ook doen. Verbruikers raak ook al hoe meer bewus van die voedingswaarde in die kos wat hulle eet en wat presies als daarin is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons sal voortaan weekliks ’n brokkie plaas waarmee ons jou gaan help om uiteindelik ’n klomp van jou kos self te kweek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die regte grond

Enige tuin begin by die grond. Jy kan jou eie vrugbare grond maak soos op die foto onder. Let op die wortelontwikkeling in vergelyking met die grootte van my hande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die sogenaamde lasagne-metode van beddings bou, is hier gebruik. Pak eenvoudig dun lagies karton, koerant, stokke, droë blare en ander bruinmateriaal soos nog koerante en karton (beide gesnipper), die inhoud van jou bokasji-drom, groen materiaal soos vars tuinsnoeisels, onkruid sonder sade of bolletjies en klein hoeveelhede grassnysels bo-op mekaar. Herhaal ’n lagie bruin materiaal en ’n lagie groen materiaal totdat die totale hoogte sowat 25 cm is. Bedek met enige grond, wat ookal jy het. Die grond op die foto was voorheen so hard soos beton in die somer!

Bedek met twee lae koerante en plaas droë gras bo-op as deklaag. Hou vas met ’n bietjie grond. Sorg deurgaans dat jou lae so plat soos ’n tafel is sodat die water nie wegloop voordat dit nie eers deur die materiaal gegaan het nie. Gooi bietjies-bietjies water soos wat jy jou lagies pak sodat die materiaal goed kan komposteer. Plant direk in jou nuwe hoop wat sommer direk in jou planthouer kan wees. Gooi ’n klein handvol kompos in elke gaatjie waar jy jou saailinge plant. Die res van die hoop ondertoe sal mettertyd komposteer, die plante voed en blakend gesond hou as jy bokasji gebruik.

Die temperatuur wat binne-in jou lasagne-bedding opbou, maak dit ’n ideale metode vir die kweek van groente in koeler tye. Dis inderwaarheid mos ’n natuurlik verhitte bedding. Verder sorg die goeie deurlugting van die grond dat die plante se wortelgroei soveel beter is en dit maak hulle baie gehard in die somer. As jy jou deklaag onthou, sal hulle glad nie in droë maande swaarkry nie omdat die grond baie langer klam sal bly.

Jy kan ook jou eie komposhoop bou en dan hierdie kompos gebruik om jou grondkwaliteit te verbeter. Erdwurms verwerk kompos tot humus. Ons vertel jou volgende week meer hieroor.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

Die sogenaamde "baby blues" is mos maar net ’n bietjie emosionaliteit wat vinnig weer oorwaai,…

13 hours Gelede

Wenke vir ’n klein woonkamer

Klein woonkamers kan met ’n bietjie gekullery heelwat groter lyk. Met die regte riglyne kan…

13 hours Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Luandri Reynders oor haar bittersoet Binnelanders-afskeid en nuwe begin

Ná byna vier jaar op Binnelanders het Luandri Reynders, geliefd vir haar vertolking van Karen…

15 hours Gelede

Jan Braai se Mieliepaptert

"In ’n wêreld vol onsekerheid het mieliepaptert my nog nooit teleurgestel nie. Dis ’n byna…

16 hours Gelede

Maak jou eie speelklei

Ons het ’n klompie oulike idees by ons sustertydskrif Your Family gekry waarmee jy jou…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.