kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Kostuine: die belangrikheid van water

Die landwye droogte (wat op sommige plekke nou tydelik gebreek is), grootskaalse waterskaarste en gepaardgaande waterbeperkings, het tuiniers net weer laat besef hoe onontbeerlik die element water is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Water behoort altyd met respek gebruik te word. Mense moet nie net water spaar as daar min water is nie. Dis so goed jy probeer geld spaar wanneer jy niks het nie, dit maak net geen sin nie. Owerhede behoort ook hardkoppige tuiniers wat nie water uit hul eie spaar nie deurlopend daaraan te herinner dat daar net soveel water op aarde is en dat daar nie nog gemaak kan word nie. Waterverbruik behoort baie strenger beheer te word in tye wanneer daar wel water is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hiermee dan ’n paar wenke om die vaste hulpbron, water te spaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie modulêre opstapel (‘stackable’) kratte is ideaal vir groente en kruie. Dit kan sommer dubbeldoelig gebruik word as houers vir komposmaak en die plant van kos as jy die bokasji-lasagnebedding metode gebruik. As die groente en kruie geoes is, kan jy die kompos elders in die tuin gebruik en nuwe lasagnebeddings daarin bou.

Grondvoorbereiding en instandhouding

Sorg dat water die grond binnedring en solank as moontlik daar bly deur tuingrond deeglik voor te berei. Ons het reeds breedvoerig aandag gegee aan hoe jy jou eie kompos kan maak en hoe jy ’n nuwe bedding op die bokasji lasagnebedding-manier kan bou. Lees meer daaroor hier.

In die natuur vind die toediening van kompos deurlopend plaas deur blare en ander plantmateriaal wat op die grond val en deur diere wat die plante eet en dit uitmis. Hou daarom op om voortdurend dooie blare freneties op te hark. Vul dit eerder aan met groot hoeveelhede kompos wat jy sommer bo-op die grond kan plaas sodat dit nie net die grond voed nie maar ook dien as basis van jou deklaag. Wanneer jy water gee, sal die kompostee uitloog en die grond met voedingstowwe en voordelige mikro-organismes voed.

Grondhelling

Dit help natuurlik ook as die oppervlakte waarop die water val min of meer plat is sodat die water kans kry om die grond binne te dring voor dit wegloop. Die helling van die grond word grootliks bepaal deur die ontwerp en aanlê van die tuin. Dit kan slegs tot ’n mate in ’n bestaande tuin verander word. Selfs met ’n informele ontwerp is dit moontlik. Stut eenvoudig die grond met klippe of stompe om gelyke areas te bewerkstellig. Materiaal wat ontbind, soos stompe, lok natuurlik ook allerhande voordelige insekte en mikro-organismes wat help met die instandhouding van die grond.

As water die grond diep binnedring, sal die plant se wortels dit volg. Die plant sal ook dan dieper na water gaan soek en dit sal help dat dit droё periodes makliker oorleef. Boonop is daar dieper in die grond dikwels ook kosbare minerale voedingstowwe waarby die plant sal baat.

Deklaag

Organiese materiaal werk die beste as deklaag omdat dit ontbind en deel word van die deurlopende voedingsprogram van jou tuin. Fynerige materiaal soos houtsnippers werk baie goed, maar strooi of selfs droё gras help om die vog in die grond te hou. Dit is egter nie al wat ’n deklaag doen nie. Dit keer ook dat die grond nie verdig wanneer jy besproei  nie. Dit keer ook dat jou kosbare bo-grond en kompos nie wegwaai nie. Terwyl jy water gee, hou dit ook die water vas en stel die water wat daaraan vaskleef stelselmatig vry soos wat die grond daaronder uitdroog. En dan keer dit natuurlik ook dat onkruid jou tuinplante se water steel deur hulle ’n bietjie in toom te hou. Wanneer die onkruid opkom, kan die eenjarige tipes net afgeknip word en groenbemesting word – sommer net daar in die bedding. Pak dit net plat tussen jou plante. Ook die blare van die goed wat jy oes wat jy nie gaan gebruik nie, soos die lelike blare van blaarslaai, spinasie en kool of die blare van wortels, kan sommer net daar afgesny en in die bedding gelos word as groen bemesting (behalwe as daar plae op woon). Versnipper snoeisels en gooi dit ook in jou beddings.

Dit is die drie basiese goed wat in enige tuin altyd in plek behoort te wees. Tuiniers wat hulle nie hieraan steur nie behoort nie toegelaat te word om enige water in hulle tuin te gebruik nie, want sou hulle dit doen, sou dit selfs onder die mees ekstreme toestande nie nodig wees om gevestigde plante meer as twee keer per week water te gee nie.

Strooi of droë gras maak ’n lekker deklaag soos hier gedemonstreer deur Cobus Smit by ’n werkswinkel oor bokasji-lasagnebeddings by The Pink Geranium Kwekery.

Tyd van watergee

Die faktore wat jy in aanmerking moet neem:

  • Moenie water gee as dit onmiddellik gaan verdamp nie, soos wanneer die wind waai en/of dit baie warm is.
  • Dis beter om water te gee wanneer die plant in elk geval dalk natgedou is, soos laataand en vroegoggend, sodat die blare kans kry om deur die dag af te droog. Dit help met die beheer van swamsiektes.
  • Hoe lank? Totdat die gronddeeltjies aanmekaar kleef maar nie drup wanneer jy ’n bietjie grond in jou hand druk nie. So maak maar jou hande vuil!
  • Hoe dikwels? Nie noodwendig elke tweede dag soos wat die waterbeperkings jou dikwels toelaat nie. Wanneer die grond nog aanmekaar kleef en nie uitmekaar val nie is dit nog nat genoeg.
  • Wanneer jy plant: maak seker die grond waarin jy plant is klam sowel as die grond in die houer waarin die plant is. Maak elke plant individueel nat soos wat jy dit plant deur die deklaag wat reeds in plek is.

Metodes van watergee

  • Hoe stadiger jy die water toedien, hoe meer daarvan sal die grond binnedring. Moenie spuitstukke aan die tuinslang gebruik wat bedoel is vir karre was nie. Gebruik die tuinslangspuitstuk  wat soos ’n gieter se kop lyk sodat die water saggies uitkom en die grond binnedring. As jy nie een het nie, gebruik ’n gieter of kap ’n blik se boom vol gate, maar moet onder geen omstandighede bolangs water gee met jou karwasspuitstuk of joiu vinger voor die tuinslang se bek nie!
  • Drupbesproeiing sit die water waar dit hoort en dit gebeur ook stadig. Daarom bly dit ’n goeie manier van watergee. Spuite wat ’n mistige sproei maak, soos die oudagse skilpadspuitjie, is beter as goed wat ’n harde straal spuit.
  • Glasbottels en plastiekbottels kan gevul word met water of gryswater uit jou stort, bad of  wasgoed en van groente wat jy afspoel of kook om die plante water te gee. Die water sal slegs uitloop as die grond droog is.

Vang water op

  • Installeer ’n reёnwatertenk en vang soveel moontlik water van die dak af op. Gebruik dit spaarsamig soos benodig en volgens die raamwerk soos hierbo uiteengesit.
  • Vang gryswater uit jou stort, bad, wasgoed en kombuis van groente wat jy afspoel of kook en gebruik dit om jou tuin te besproei.
  • ’n Gryswatertenkstelsel soos die Ecogator Grey Water System is baie nuttig en gerieflik en behoort meer dikwels deel van ’n tuin se beplanning uit te maak.

Die nuwe Ecogator Grey Water System

Die Ecogator Grey Water System herwin huishoudelike water. Selfs wanneer dit nie reёn nie is daar steeds baie water in ’n huishouding wat vir besproeiing gebruik kan word. Die sisteem bevat ’n filter binne-in die tenk waarin die gryswater opgegaar word met ’n pompie wat die tuin besproei. Stort-, bad- en wasmasjienwater word herlei om in die tenk te loop. Skottelgoedwater bevat ongelukkig te veel vette en ander vaste materiaal en sal die sisteem laat verstop. Grys water behoort altyd gebruik te word vir tuinbesproeiing en nie net wanneer daar droogtes is nie. Die sisteem is beskikbaar by Kaap-Agri en Cape Garden Centre, vanaf R5 000. Kontak vir Vonnie Heyns by (021) 905-5590 of vonnie@4evr.co.za of kyk by www.ecogator.co.za of facebook/ecogator.

*Jy sou oplet ek het nie aandag gegee het aan boorgate nie. Dit is ook ’n waterbron wat kan opraak!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.